Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bello Al Mare

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alwyn 4, Dwarskersbos, Velddrif, 7265, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Bello Al Mare is 'n moderne selfsorghuis in Dwarskersbos, Velddrif. Dit is die ideale plek vir gaste wat 'n wegbreek naby die strand soek.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers met 'n see-uitsig en bied slaapplek aan 4 mense. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die gastebadkamer is toegerus met 'n toilet, wasbak, bad en stort, en die oorblywende badkamer het slegs 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die huis beskik oor 'n binnebraai en eetarea met ongelooflike see-uitsigte. Daar is ook 2 buitebraaie waarvan die een op die grondvlak is en die ander een op die oop dek. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, gasstoof, elektriese oond, Nespresso-masjien, skottelgoedwasser en wasmasjien. Die huis bied beurtkrag-rugsteun met 'n omskakelaar en sonkrag. Gratis WiFi en 'n slim-TV met stromingsdienste is beskikbaar.

Gaste kan kies om hul tyd by die strand wat minder as 100 m weg is te geniet of 'n ete te gaan geniet by Soverby Lapa Beach Restaurant wat binne maklike bereik geleë is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Magnus P
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik. Huis was baie netjies, by die strand en mooi uitsig. Die hele familie het dit baie geniet. Ons was daar vir net twee aande en sou baie graag ...
Sien meer
Des 2024
Marchelle M
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, kommervry en soos 'n rie huis by die see. 'n Heerlike kuier by 'n ongelooflik mooi strandhuis. Letterlik 'n klipgooi vanaf die see en alles w...
Sien meer
Des 2024
Juanita O
5.0
Verken die Weskus. Die beste vakansiehuis ooit! Alles is perfek, georganiseerd en netjies, en herinner aan ons eie huis! Alles en nog meer wat mens ka...
Sien meer
Nov 2024
Antoinette E
Saam met lewensmaat
5.0
As ons kon, sou ons 6 sterre gegee het. Ons gebruik julle gereed, dankie. Ons kan nie uitgepraat raak oor ons ondervinding met die diens en die "atte...
Sien meer
Okt 2024
Monica K
Saam met vriende
5.0
Alles en nog meer wat 'n mens wil hê vir 'n wegbreek of vakansie. Fantastiese huis wat uitstekend toegerus is met alles wat nodig is. Ongelooflike lig...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Koos Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Alwyn 4, Dwarskersbos, Velddrif, 7265, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bello Al Mare het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R 2 000 R 1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 000
R 2 000 R 1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Alwyn 4, Dwarskersbos, Velddrif, 7265, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA518e4ab256ef392774eab5c26981d1411956ec2f0d05090678a20a3efb8a3f30d92a4b8d3f166f5fc087d30dac3a7090b01b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 17 5 1 5 4 Alwyn Dwarskersbos 7265 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.700969294373 18.221785128054

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang