Bello Al Mare
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 31 Okt 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alwyn 4, Dwarskersbos, Velddrif, 7265, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 400R2 160 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Bello Al Mare is 'n moderne selfsorghuis in Dwarskersbos, Velddrif. Dit is ideaal vir gaste wat 'n wegbreek naby die strand soek.
Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n see-uitsig het. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die gastebadkamer het 'n toilet, wasbak, bad en stort, en die oorblywende badkamer het slegs 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Daar is ook 'n binnebraai en eetarea met ongelooflike see-uitsigte. Die kombuis is met 'n yskas, gasstoof, elektriese oond, Nespresso-masjien, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Die huis het 'n omsetter en sonkrag in die geval van kragonderbrekings. Gratis WiFi en 'n slim-TV met stroomdienste is beskikbaar.
Gaste kan die tyd by die strand wat minder as 100 m weg is geniet, of 'n maaltyd by Soverby Lapa Beach Restaurant wat naby is, gaan geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Koos Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Alwyn 4, Dwarskersbos, Velddrif, 7265, Wes-Kaap
- Gaste dink Bello Al Mare het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alwyn 4, Dwarskersbos, Velddrif, 7265, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang