Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Belmar Guesthouse

Gastehuis

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.2
Claire V
Kort verblyf Besigheidsreis
4.4
Sep 2024

Rustig, weelderig, elegant, sakpas en absoluut jou tyd werd. WoW, wat kan ek sê! Die oomblik dat jy deur die voorportaal stap, is dit asof jy 'n ander wêreld betree. Dis ruim, keurig gedekoreer en stylvol. Dit was 'n totaal laaste minuut tipe van 'n vat dit of los dit tipe bespreking, maar ons was aangenaam verras. Van ons ontvangs tot ons kamer oopgesluit het, het dit gevoel of ons op Cloud Nine loop. Ons verwagting geweeg aan die tarief per nag; die werklike toedrag van sake het ons asems weggeslaan. Ons was stil verras en het ons self verskoon nadat ons ons bagasie neergesit het om net ons asems te kry deur ons gasvrou te vra om ons te verskoon, ons gaan gou iewers. Ek en my kollega het soos voëls gekwetter in die voertuig, soos wat ons net eers wou wegkom om tot terme te kom met die skatkis juweel van 'n gastehuis waarop ons so heel toevallig op af gestrompel het. Toe is dit asem ophou tot ontbyt die volgende oggend. Mens, wat 'n lekker ontbyt waardeer vir geld! Geurig en smaaklik voorberei! As ek nou daaraan dink, is ek nogals spyt ek het nie aandete 'n try gegee nie, maar ontbyt het my versadig gehou deur die dag dat ek saans net 'n glas vrugtesap, 'n vruggies of 'n yoghurt kon eet. Dankie, ons het lekker gebly en sal weer, as die geleentheid hom voordoen, u kies met oop oë! Daar is alles in die kamers: yskas, haardroër, strykyster, strykplank, tot 'n naald en garen vir emergencies. Die tuin, gaan kyk self.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
5.0

Annemarie M
1 nag Saam met vriende
1.8
Jan 2023

Dit was 'n totale gemors. Die kamertjie wat ons gekry het om in te slaap was 'n gemors. Dis piepklein, maar dis nie die ergste probleem nie. Dit lyk glad en geheel nie soos die foto's wat vertoon word nie. Dit was 'n gesukkel om by die plek in te kom. Ek het geskakel en nie antwoord gekry nie en daarna kom die gasvrou uit. Die mense het verskoning gevra dat die res van die huis deurmekaar is, want hulle's besig met herstelwerk. Die huis is vuil en grillerig. Ons (ek en my 86-jarige ma) moes in 'n kamer bly waar nie veel werk nie. Sy't probeer stort die aand, maar water was koud. Die kraan by die 1 klein, pieperige wasbakkie is los. Die ketel se deksel is stukkend. Die een waterglas was vuil. Die stort is sommer so in die kamer. Daar is 'n televisietjie wat ook nie eintlik werk nie. Hy het ook blykbaar net SABC1, 2 en 3 op. Die beddens was skoon oorgetrek, maar die hele kamer lyk glad en geheel nie soos die foto's nie. Ek wou eintlik nie daar ingaan nie, maar ek wou nie, 2 vrouens alleen, verder ry nie. Ek's jammer ek't nie foto's van ons kamer geneem nie. Ek het dus ook gisteroggend net aangetrek en gery. Ek wou nie koffie drink of enigeiets anders daar doen nie. 1 positiewe ding wat wel gebeur het is dat ek my koue goed in hul vrieskas kon stoor vir die nag. So, dit was darem goed gewees. En nog 'n positiewe punt is dat ons kar binne-in 'n toesluit-garage was. Ek sou net voorstel dat as jy jou huis as gastehuis aanbied en jy's met restourasies besig, bly uit die mark vir daardie tyd. Ek verwag ook van die gasvrou/-heer om ten minste netjies te lyk as ek opdaag.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Thabang A
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Okt 2022

Place is beautiful place to stay in. We are definitely booking it again for next year. Owner need to take more pics of the place. The ones on the website don't do any justice of how the place looks. Beautiful I tell you.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marilize
Belmar Guesthouse
Thank you so much. You are wonderful guest

Jaco F
Kort verblyf Besigheidsreis
4.6
Mei 2022

It was great friendly. I felt at home from the time I arrived.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Adriaan O
1 nag
2.6
Apr 2022

Eienaar se ma rook en orals is daar asbakkies met stompies. Ek het getrek na Natal van die Kaap af. Plek gesoek om te oornag met my hond. As jy 'n hond het is dit sekerlik ok, maar dit is 'n ou huis en die hele plek ruik na rook. My hond kon binne slaap en ek kon my bakkie en waentjie in die motorhuis trek wat puik was.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

RS B
1 nag Saam met lewensmaat
2.8
Mei 2021

Badkamer/kamer geen privaatheid. Slegs gordynskeiding. Geen warm water. Sien sterre.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Sonia V
Kort verblyf
4.4
Mei 2019

Vriendelik en skoon. Het baie lekker gebly, uit hulle pad gegaan om dit lekker te maak. Was veilig gewees en baie skoon. Sal weer daar gaan bly. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Vanessa V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2018

It was a present stay. I was received with open arms every evening when I came back from the hospital. I had support for all at Belmar.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elsa J
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2018

Baie skoon en netjies. Ons het heerlik gebly. Die plek was baie skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anri D
Lang verblyf Besigheidsreis
5.0
Mei 2018

Lekker gebly! Ons is baie vertroud met Belmar Guesthouse, ons assessors (ingenieurs) wat daar gebly het, was baie tevrede met die akkommodasie wat aan hulle verskaf is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Marilize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf R800
R800 R680
per nag, vir 2 mense
Vanaf R800
R800 R680
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Olive Grinter Straat, , Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE0YjI2YzVlLTllZmYtNDJjZi04ZGE1LWIwNmMxOWQ2NjQzOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R680 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 19 Olive Grinter Street Fichardtpark 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.143579 26.186917

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang