Belvedere Boutique Hotel
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 38 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dr Kwame Nkrumah-straat 76, Ludwigsdorf, Klein Windhoek, 0000, Khomas
- Vanaf R2 833 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Belvedere Boutique Hotel is 'n unieke, luukse oase in Windhoek. Dié hotel is in Ludwigsdorf, Klein Windhoek geleë.
Belvedere is 'n eksklusiewe boetiekhotel met 18 individuele kamers, wat standaardkamers, luukse kamers, 'n gesinskamer en 'n dakwoonstel insluit. Elke kamer het lugversorging, 'n platskerm-TV met DStv, lessenaar, haardroër, kluis, yskassie en gratis WiFi.
Die hotel bied verskeie aangewese ontspanningsareas, soos 'n luukse sitarea met 'n uitsig, putt-putt-area, Jacuzzi op 'n houtdek, swembad en 'n swembad met 'n spreilig.
Die hotel bied ook 'n wynkelder met Suid-Afrikaanse wyn. Verder is daar 'n sigaar-sitkamer met 'n platskerm-TV, musiekstelsel en kaggel. Daar is ook 'n skoonheidsboetiek op die perseel wat gesigbehandelings, pedikuurs en masserings bied. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die hotel se konferensiegeriewe is lekker lig met groot vensters en glasdeure wat lei na die tuin en setperk. Die seminaargeriewe het plek vir 10 afgevaardigdes, maar kan ook geskuif word vir 'n intieme raadsvergadering.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Irene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Dr Kwame Nkrumah-straat 76, Ludwigsdorf, Klein Windhoek, 0000, Khomas
- Gaste dink Belvedere Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 38 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dr Kwame Nkrumah-straat 76, Ludwigsdorf, Klein Windhoek, 0000, Khomas