Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Belvedere Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 2de Laan 1, Kakamas, 8870, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Belvedere Gastehuis bied gehalteverblyf wat ideaal is vir sakereisigers, vakansiegangers en gaste wat net oornag. Dit is op dieselfde perseel as The Rosé Café geleë wat ontbyt, middagete en aandete bedien. Dit is ook naby Augrabies-waterval wat 'n bekende besienswaardigheid is.

Die gastehuis het 5 kamers wat elk 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n lessenaar, yskassie en 'n klerekas met hangers het en daar is wasgoedgeriewe op die perseel.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe en 'n pragtige swembad om in af te koel op warm somersdae.

Daar is personeellede op die perseel wat teen 'n addisionele koste kan help met wasgoed.

Belvedere Gastehuis is naby die Kakamas-sentrum wat talle winkels, restaurante, 'n vulstasie en ander geriewe het.

Dit is sowat 30 km vanaf Augrabies-waterval en 230 km vanaf die Namakwaland-blommestreek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Jacobus B
Saam met vriende
5.0
'n Oasis in die Noord-Kaap. Dis nou die tweede keer wat ek die Belvedere gastehuis gebruik, die personeel is hulpvaardig en vriendelik, die akkommodas...
Sien meer
Jun 2023
Louw R
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi en lekker. Belvedere is netjies en skoon met 'n lekker atmosfeer. Sal weer daar oornag of dalk langer bly om die omgewing te sien. Diens is baie ...
Sien meer
Apr 2023
Nicola V
5.0
Goeie diens. Ons was vir 'n begrafnis in Kakamas die oggend en was vroeg klaar, die personeel het ons laat inboek om 13:30 wat vroeër as die gegewe ty...
Sien meer
Mrt 2023
Anne-mari M
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies, sjerrie welkomdrankie en heerlike ontbyt. Ons is baie vriendelik ontvang, goeie ligging, maklik om te vind. Ons kamer was skoon en net...
Sien meer
Mrt 2023
Louise S
Saam met lewensmaat
4.8
Ons het heerlik gebly en aangesien dit besonder warm was, kon ons afkoel in die swembad. Gerieflike verblyf, met 'n oulike koffiewinkel.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Christoff Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 56

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 2de Laan 1, Kakamas, 8870, Noord-Kaap
  • Gaste dink Belvedere Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 080
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 2de Laan 1, Kakamas, 8870, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ae37293626ccfcb0d6d9e431c249c23e94fe27bfd6dd20a138a6bb1edfdba47e74560bff1e4db7b3802f2ce7d108b1f727e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag (plek vir 2) 56 5 1 5 1 2de Avenue Kakamas 8870 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -28.770077132123 20.613182839148

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang