Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Bené

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selbornelaan 206, Lyttleton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Bené bied 'n bekoorlike selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel in Lyttelton Manor, 'n voorstad van Centurion. Dis stapafstand vanaf UNITAS Hospitaal, 4 km vanaf 'n Gautreinstasie en 5 km van die Centurion Winkelsentrum af. Daar is verskeie restaurante en besienswaardighede in die omgewing.

Bené het slaapplek vir 4 gaste en elke slaapkamer het 'n dubbelbed. 'n Bababedjie vir kinders onder 3 is op versoek beskikbaar. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Handdoeke en basiese toiletware word voorsien. Die kombuis en leefarea is oopplan. Daar is 'n TV met DStv.

Die eenheid is met sonkrag toegerus sodat gaste nie beurtkrag sal ervaar nie.

Die kombuis is goed toegerus met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, smoothie-masjien, asook basiese eetgerei en breekware. Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Colette W
Gesin met tieners
5.0
Fantasties! Sal vir seker weer gaan. Ons het baie lekker gebly.
Nov 2024
Hannelie T
5.0
Ons het baie tuis gevoel na 'n lang dag op die pad. Baie dankie. Baie lekker gebly. Het alles wat nodig is. Badkamer bietjie knap.
Okt 2024
Jfa N
Saam met lewensmaat
5.0
Die verskaffing van melk, koffie en beskuit en ander items, was lekker. Ons het lekker gebly, was net baie warm. Die slaapkamer/sitkamer se dakwaaier ...
Sien meer
Okt 2024
Andre V
Saam met lewensmaat
5.0
Vinnige oornag. Bené is 'n pragtige selfsorg tuinwoonstel met alles wat jy nodig het. Alle reëlings vooraf goed georganiseer en die plekkie was skoon ...
Sien meer
Sep 2024
Hannetjie U
5.0
Veilig gevoel, lekker warm geslaap. Baie lekker gebly, veilig en netjies.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Zanett & Jacques Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Selbornelaan 206, Lyttleton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink Bené het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selbornelaan 206, Lyttleton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28b68c964ff21d99d36e12e7eafa3072e0bf0b868836fcf40ab407e37301bf8cc3231577d04e27580ce6d85d81b071dca792?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense 57 5 1 5 206 Selborne Avenue Lyttleton Manor 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.827256866406 28.197499944131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345