Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cape Surprise

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
3.8
Veiligheid
4.7
Elma N
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Apr 2018

Goed geleë en ruim verblyf . Die woonstel is baie goed geleë, naby winkels en die strand met 'n gevoel van veiligheid. Ons het baie lekker gebly. Ons was net verras met die feit dat ons toegang moes betaal en vir elekrisiteit.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Carolien
Cape Surprise
Goeie dag Elma, Baie dankie vir die positiewe terugvoering, dit is altyd lekker om te weet dat gaste dit geniet om by ons plekkie oor te bly. Neem asb kennis dat die permit- en kragfooi duidelik in ons eposse aan jul gekommunikeer is. Vriendelike groete.

Eric M
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Okt 2018

Good Position and good size, poor service from agent All good, but service from agent poor, DStv did not work on arrival and took a full day to resolve. Fridge/cooler did not work, diabetic family member had insulin to keep cool and this was a problem. It spoilt the arrival and first couple of days.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Cape Surprise
Thank you for your review, Eric. Glad to hear that you enjoyed the spacious flat. We regret that you did not enjoy your stay to the fullest but would also like to inform you that you were very unlucky to be there at the moment that our (nearly new) fridge gave problems. This is not something one can predict. We tried everything but could not get any person to repair it immediately due to a part to be ordered. In the meantime, there was a smaller bar fridge in the flat. We greatly hope that we will be able to make this up to you on your next visit to Cape surprise. We always strive to offer the best service and facilities to all our guests. Kind regards.

Tanya V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Sep 2018

Ons wou nie huistoe kom nie! Die estate was beautiful, ons het oggend stappies geniet deur die straatjies, en opgeeïndig op die strand, want dis so naby aan die huisies. Die huis waarin ons gebly het was so gemaklik, veral met 5 maande oue baba, en ons het die mooiste uitsig in die oggende gehad van ons slaapkamer af. Ons sal enige tyd weer teruggaan. Elke sent werd. Dankie!

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Carolien
Cape Surprise
Goeie dag Tanya Baie dankie dat julle Cape surprise se ligging en sekutiteit vol punte gee. Ons is bly dat jul die huis, uitsig en omgewing kon waardeer. Ons werk ook graag aan ons diens tot voordeel van ons gaste vir 'n onverbeterlike ervaring. Jul is enige tyd weer welkom. Groete

Anonieme gas
Kort verblyf Gesin met tieners
3.0
Jun 2018

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0
Carolien
Cape Surprise
Goeiedag Andre, Kontak ons asseblief direk sodat ons kan vasstel wat julle verblyf belemmer het. Ons eie gesin, familie en ander gaste het juis nog altyd gevoel dat die plekkie ideaal is vir n gesin. Ons is in 'n veiligheidskompleks geleë, op 'n golf landgoed. Vriendelike groete, Carolien

Stephanie P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2017

Beste Kaapstad-ervaring ooit. Die kinders was gaande oor die uitsig en verblyf. Ons ervaring was net ongelooflik. Wat ons op die foto's gesien het, was presies wat ons gekry het en meer. Van die intrapslag, die vriendelike sekuriteitsdiens, tot die dae wat ons op die strand deurgebring het, was iets om te onthou. Toegang na en van die strand was 'n vreugde.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Cape Surprise
Dear Stephanie, many thanks for taking the time to write such a glowing review of our little spot in Strand. We value each and every response our guests submit. We are delighted to hear that you made good memories. It really puts into perspective just what a great country South Africa is. Thank you for choosing Cape Surprise.

Floyd C
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mei 2017

Vrek lekker verblyf. Die akkommodasie was een van die bestes wat ons as 'n gesin kon geniet. Ons het tienerdogters en ons kon lekker saam kuier maar het terselfdertyd ons eie space, ons het nie een keer in mekaar se pad gevoel nie. Dis te danke aan die lekker spasie wat elkeen van ons kon hê. Die geriewe was aangenaam, ons het die veilige parkering asook dat dit 'n Gated Community is werklik geniet. Ons was aangenaam verras om so waarde vir geld te kon geniet. Ons kom definitief terug en sal dit hoog aanbeveel by familie en vriende.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Cape Surprise
Hallo julle, baie dankie vir jul positiewe terugvoering. Ons is baie bly dat jul die tydjie by Cape Surprise geniet het. Ons hoop om julle iewers in die toekoms weer terug te kan verwelkom.

Hettie T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2017

Awesome. Lekker gebly, als wat ons nodig gehad het is in woonstel. Dit het soos ons eie plek gevoel. Ons het baie lekker gebly. Cape Surprise is die plek om tuis te gaan. Sal dit aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Carolien
Cape Surprise
Baie dankie Hettie. Dit is heerlik om te weet julle het dit geniet en dat julle gelukkig was.

Francois O
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Jul 2017

Baie lekker. Baie betroubare mense, ek het ringe van my en my ID daar vergeet en hulle het dit vir my gestuur.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Carolien
Cape Surprise
Baie dankie Francois, ons hoop ons sien julle gou weer. Die wete dat gaste lekker gebly het en vertroue in ons het, is altyd 'n riem onder die hart.

Theo J
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Jul 2017

Baie lekker. Die verblyf was lekker, maar hoekom moet ek betaal vir die toegang en krag. Ek het mos klaar betaal vir die plek.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Carolien
Cape Surprise
Dankie vir jou terugvoer Theo. Ek is bly jul het geniet. Dis jammer dat jy omgekrap is, maar onthou asb, dat dit duidelik vooraf geadverteer en gekommunikeer is. Aangesien die plekkie binne-in 'n golf sekuriteits langoed is, is dit reels wat deur hulle vasgemaak word. Vriendelike groete.

Charmaine O
Kort verblyf
3.0
Nov 2017

Dit was 'n ruim woonstel met al die geriewe om 'n mens se verblyf aangenaam te maak. Die naam Cape Surprise was verwarrend, want ons het 'n woonstel met die soortgelyke naam gesoek. Die ontvangs was nie so warm en behulpsaam nie, maar die ruim woonstel en uitsig het opgemaak hiervoor. Die beddegoed en woonstel was mooi skoon maar die kombuisware bv. rasper, van die borde, glase, eetgerei ens. was nie baie skoon nie. Die woonstel is nie naby winkels geleë nie wat beide voordelig en nadelig is. Voordelig, want dit is rustig en geen gewoel nie, en nadelig want 'n mens kan nie gou stap om iets te ete of drinke te kry nie. Jy moet ry om by winkels uit te kom.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Carolien
Cape Surprise
Goeiedag Charmaine, Baie dankie vir jou terugvoer, ek is baie bly om te sien dat julle dit geniet het. Dis jammer dat julle die diens negatief ervaar het. Dit is egter 'n groot uitdaging as gaste bespreek en nie hul eposse en SMSe lees nie aangesien alle relvante inligting daarin aangebring is. Dankie vir die laat weet oor die kombuisware. Dit is dadelik opgevolg en ons vertrou dat dit vorentoe nooit weer 'n probleem gaan wees nie. Jammer vir die ongerief veroorsaak. Wat die ligging aanbetref - Ons is binne-in 'n veilige golflandgoed geleë, sowat 50m vanaf die strand, met 'n see- en berg uitsig, Reg langs ons is 'n Ocean Basket restaurant. Sowat 7 minute se stap, of binne 1 minuut se ry, is daar 'n OK Bazaar supermark, asook verskeie ander restaurante en winkels. Vriendelike groete, Cape Sunrise

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Carolien Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 270

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf R950
R950 R855
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
R950 R855
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: St. Andrews-rylaan, Emerald Bay CG16, Greenways, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5bd76a75d9df9dc3d399a1b69bc84572e9c802dd2d0302a9c94a4d5daca5681317b9340de8f08cb064bba7cca8671fc109ec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R855 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 Saint Andrews Drive Berg & Zee 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -34.126224688523 18.834739923477

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang