Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Berghoff Erica Cottage

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Lasya B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Heerlik gerus, gekuier en die pragtige, ongerepte natuur geniet. Ons het heerlik gebly in Berghoff. Die huisie is ruim, goed toegerus, super skoon en netjies. Die mooiste uitsig en pragtige natuurskoon omring mens en die helder sterrekoepel in die aand is 'n gesig om te onthou. Ons het ver ente gestap met ons hondjies en die veld was oortrek met die mooiste blommetjies en plantegroei. Die rotsformasies wat deel vorm van die majestieuse Winterhoekberge het ons verbeelding aangegryp. Berghoff is 'n juweel en ons het dit baie geniet. Baie dankie aan Margot, Marius en span. Julle plaas het ons liries.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Lasya, baie dankie vir die mooi resensie! Ek moet bieg my verbeelding loop op hol wanneer ons die rotse bekyk. Ek dink soms dis waar die "Lord of the Rings" vervaardigers hulle idees kom haal het vir hulle kreature! Julle is enige tyd welkom om weer te kom kuier. Groete, Marius

Amanda M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2023

Die mooiste uitsig van berge en proteas. Ek sal weer Berghof wil besoek. Ons het die Vrydagaand daar aangekom en dit was baie koud. Ek het baie gesukkel om die kaggel aan die gang te kry sonder vuuraanstekers. Nadat ek vir die eienaar, Marius, 'n WhatsApp gestuur het om vir ons asb. daarmee te voorsien (met die gedagte dat dit eers die Saterdagoggend sal wees), het hy dadelik gekom en dit vir ons gebring en met 'n bottel rooiwyn as geskenk. Ons het die staproetes as gesin baie geniet. Ek kan Berghoff sterk aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Amanda, baie dankie vir die positiewe resensie. Ons het geglip met die vuuraanstekers, wat ons altyd verskaf, so ek het net reggemaak wat ons verbrou het! Ons is bly julle het goeie weer gehad en die Catamount staproete kon doen met die kinders. Nou kort hulle net 'n somer besoek om in die dam te gaan baljaar! Groete, Marius

Pauline G
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Sep 2023

Beautiful venue and cottage well-supplied for all our needs. Superb communication and information supplied by our hosts. Close access to Groot Winterhoek Nature Reserve.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Pauline, we're glad you enjoyed yourselves and that the weather played along in one of our wettest and coldest winters in the past 15 years. Welcome back any time! Regards, Marius

Melri T
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2022

'n Ware wegbreek. Ons het so lekker gebly in die middel van die bergreekste, die stilte is medisyne vir die siel. Die plaas word so mooi na gekyk en Marius is baie verwelkomend. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Melri, ek kon sien julle pas in by hierdie omgewing, en dankie dat julle die plek so skoon agtergelaat het! Sien julle in November. Groete, Marius

Ernst L
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2022

Wonderlik. 'n Moet vir enige gesin wat 'n breek van gejaagde lewe soek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Ernst, dankie vir die resensie. Van ons eie gesin se lekkerste vakansies hier gehou toe die seuns nog op skool was! Groete, Marius

Kirsten W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2022

Fantastic mountain get away with stunning walk to the waterfall. Loved our stay. The view was breathtaking with lots of fynbos and flowers.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Kirsten, thank you for the lovely review, and we're glad you got to do the Catamount waterfall route. It amazes me how many guests don't bother and miss out on a piece of pristine mountain. You're always welcome back. Regards, Margot.

Rian S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2021

Rustig en pragtige plek om af te skakel en weg te kom van die stad. Ons kom beslis weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Rian, ons is bly julle het dit geniet. Enige tyd weer welkom. Groete, Marius & Margot

Lambert O
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Jun 2021

Dit is 'n fantastiese ligging. Ons het die kuier ontsettend geniet. Die uitsig na die vallei is asemrowend. Die stilte is iets om te beleef. Ons 4 (2 kinders) het lekker gaan stap en die kinders het gespeel en gespeel. Die huisie is baie goed toegerus. Baie dankie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Lambert, baie dankie vir die positiewe resensie, en ons is bly julle het dit geniet. Julle moet volgende keer (somertyd) in een van die ander huise bly sodat die kinders die dam kan benut - bote, swem en klei vir latgooi en modelle bou! Die uitsig daardie kant is Keeromvallei en Kouebokkeveldberge se kant toe.

Alex L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2020

Great holiday chalets in a stunning location. We will come back again. We will be back in summer.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
MARIUS
Berghoff Erica Cottage
Alex Summer brings new dimensions: swimming and canoeing, long days and cool nights on the stoep! Regards Marius

Osmond D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2020

Heerlik ontspannend met die hele wêreld vir jouself. Dit was alles wat ek en my vrou wou gehad het. 'n Afgeleë cabin in the woods. Alhoewel jy huise in die verte sien, pla hulle jou nie, want al waarna jy kyk is die heerlike natuur en uitsig. Sweeftuie en hangliders sweef af en toe oor jou kop terwyl jy omring is met speldekussings en proteas, dis immers waarmee die mense boer daar op die berg. Jy word ook aangemoedig om 'n paar blomme huistoe te vat na die tyd. Die huis het net die nodige. Solar powered ligte, yskas en stoof wat op gas werk en n buitebraai met 'n krat hout per nag. Daar is voorsiening gemaak dat jy jou selfoon kan charge. Maar laat hom maar pap word, luister liewers na die geraas van die sonbesies. Gaan ontspan in die omskepte windpomp dam. Die pas op met die berg is 'n belewenis, nie vir die swak van hart nie, maar die uitsigte is amazing. My gesinsmotor het die pad sonder probleme gemaak, maar ek moes stadig en versigtig ry. Voertuie met hoër ground clearance is definitief aanbevole. En vat alles saam wat jy dalk kan nodig kry in terme van voedsel en drank. Sover ek weet is daar nie n kafee op die berg nie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

MARIUS Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 33

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R2 578
per nag, vir 7 mense
Vanaf
R2 578
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Berghoff Plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7aaeb854c4579c02869c2f5deb50a0b5d2d4fb660621bf7245d8fb0509c1c07c5d268067e80299a13be474f380b04ad1adb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 578 per nag, vir 7 mense 33 5 1 5 Berghoff Farm Porterville 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.963881805368 19.049317521363

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang