Berghoff Erica Cottage
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
MARIUS Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 33
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Lasya B - Okt 2023
Algehele gradering
Heerlik gerus, gekuier en die pragtige, ongerepte natuur geniet.
Lees meerBerghoff Erica Cottage se terugvoer
Lasya, baie dankie vir die mooi resensie! Ek moet bieg my verbeelding loop op hol wanneer ons die rotse bekyk. Ek dink soms dis waar die "Lord of the Rings" vervaardigers hulle idees kom haal het vir hulle kreature! Julle is enige tyd welkom om weer te kom kuier. Groete, Marius
Amanda M - Mei 2023
Algehele gradering
Die mooiste uitsig van berge en proteas.
Lees meerBerghoff Erica Cottage se terugvoer
Amanda, baie dankie vir die positiewe resensie. Ons het geglip met die vuuraanstekers, wat ons altyd verskaf, so ek het net reggemaak wat ons verbrou het! Ons is bly julle het goeie weer gehad en die Catamount staproete kon doen met die kinders. Nou kort hulle net 'n somer besoek om in die dam te gaan baljaar! Groete, Marius
Pauline G - Sep 2023
Algehele gradering
Beautiful venue and cottage well-supplied for all our needs.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Pauline, we're glad you enjoyed yourselves and that the weather played along in one of our wettest and coldest winters in the past 15 years. Welcome back any time! Regards, Marius
Melri T - Okt 2022
Algehele gradering
'n Ware wegbreek.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Melri, ek kon sien julle pas in by hierdie omgewing, en dankie dat julle die plek so skoon agtergelaat het! Sien julle in November. Groete, Marius
Ernst L - Sep 2022
Algehele gradering
Wonderlik.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Ernst, dankie vir die resensie. Van ons eie gesin se lekkerste vakansies hier gehou toe die seuns nog op skool was! Groete, Marius
Kirsten W - Aug 2022
Algehele gradering
Fantastic mountain get away with stunning walk to the waterfall. Loved our stay.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Kirsten, thank you for the lovely review, and we're glad you got to do the Catamount waterfall route. It amazes me how many guests don't bother and miss out on a piece of pristine mountain. You're always welcome back. Regards, Margot.
Rian S - Nov 2021
Algehele gradering
Rustig en pragtige plek om af te skakel en weg te kom van die stad.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Rian, ons is bly julle het dit geniet. Enige tyd weer welkom.
Groete,
Marius & Margot
Lambert O - Jun 2021
Algehele gradering
Dit is 'n fantastiese ligging.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Lambert, baie dankie vir die positiewe resensie, en ons is bly julle het dit geniet. Julle moet volgende keer (somertyd) in een van die ander huise bly sodat die kinders die dam kan benut - bote, swem en klei vir latgooi en modelle bou! Die uitsig daardie kant is Keeromvallei en Kouebokkeveldberge se kant toe.
Alex L - Sep 2020
Algehele gradering
Great holiday chalets in a stunning location. We will come back again.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Alex
Summer brings new dimensions: swimming and canoeing, long days and cool nights on the stoep!
Regards
Marius
Osmond D - Jan 2020
Algehele gradering
Heerlik ontspannend met die hele wêreld vir jouself.
Lees meerRene B - Sep 2020
Algehele gradering
Fantasies vir wegkom en sielsrus.
Lees meerBerghoff Erica Cottage se terugvoer
René
Ons is bly julle het dit geniet, dink tog julle moet volgende keer jou Ma ook saambring.
Groete
Marius
Simoné K - Okt 2020
Algehele gradering
Baie rustig en pragtige natuurskoon
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Simoné
Ons is bly julle het dit geniet. Enige tyd weer welkom om terug te kom!
Groete
Marius
Liezl C - Sep 2020
Algehele gradering
Lekker!!!!!!!!! Chilly maar kaggel is 'n wenner.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Liezl
Ja, September hoort mos lente te wees, maar mens vergeet soms ons sit so hoog soos Tafelberg en lente kom werklik eers in Oktober. Ons sou beslis nie sonder die kaggels kon funksioneer nie!
Groete,
Marius
Stephanus S - Okt 2019
Algehele gradering
Hier kan jy kom ontspan en rus vir jou siel vind.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Stephanus, ons is bly julle kon bietjie wegbreek en die stilte geniet. Enige tyd weer welkom!
Francois D - Sep 2019
Algehele gradering
Stunning uitsig wat jou siel stilmaak en rus gee.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Francois, baie dankie vir die positiewe resensie. Laat weet asseblief vir jou dogtertjie ons pas solank haar pop mooi op en sal sorg dat sy veilig terugbesorg word. Groete, Margot.
Liesl S - Jun 2019
Algehele gradering
Asemrowend mooi, sielsverkwikkend.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Liesl, ons is bly julle het dit geniet! Enige tyd weer welkom.
Lizel K - Jun 2019
Algehele gradering
'n Stukkie Hemel vasgevang!
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Lizel, die waterval staproete is waar ons gaan kop skoonmaak wanneer dinge te deurmekaar raak op die plaas.
Mens voel eintlik die spanning verdwyn soos mens deur die veld stap!
Annette L - Jun 2019
Algehele gradering
Rustige verblyf in pragtige omgewing.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Goeie dag Annette
Ons is so bly julle het dit geniet by ons. Die verskillende skakerings in die berge ,soos die son sak, bly 'n belewenis!
Hoop om julle gou weer te sien.
Nadia G - Feb 2019
Algehele gradering
Beautiful uitsig en baie rustig.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Nadia, julle moet lentetyd terugkom om die veld en waterval op hulle beste te sien! Ons stem saam die stap alleen is reeds 'n belewenis, dis kop-skoonmaak tussen die rotsformasies is werklik iets besonders. Porterville se plaasmark bou vinnig aan 'n baie goeie reputasie en mense ry nou al uit Kaapstad aan hiernatoe.
Lee-ann S - Jul 2018
Algehele gradering
Beautiful, tranquil setting.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Glad you enjoyed yourselves, Lee-ann.
There's always something special about sitting around a fire when it's cold and rainy outside.
Welcome back any time.
Elizma T - Jun 2018
Algehele gradering
Rus vir die siel, amazing verblyf, perfekte wegsteek van die geraas en die gejaag.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Elizma, ek is bly julle het dit geniet, en ons is seker julle sal ook die gesinsvakansie in Desember geniet in Barbi. Dit is 'n ander ervaring as Klipspringer, maar so het elke huis se eie bekoring. Groete, Marius.
Alan S - Jun 2018
Algehele gradering
Wonderful place. Magic weekend away!
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Alan
Glad you enjoyed it. The mountain is a special place for recharging one's soul. I have to admit the rain was very, very welcome, and it's definitely helping to lift our dam levels. Welcome back any time.
Regards
Marius
Pieter D - Mrt 2018
Algehele gradering
Weereens lekker gebly.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Pieter, dit was weer 'n plesier om julle te kon huisves. Dis altyd lekker om "herhalers" terug te verwelkom op Berghoff.
Coreen K - Des 2018
Algehele gradering
Heerlik en rustig.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Coreen, ons is bly julle het julleself geniet, welkom terug enige tyd!
Ursula W - Jul 2018
Algehele gradering
Baie aangenaam.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Ursula, julle is enige tyd weer welkom. Mens kan jou net indink hoe die honde se sintuie geprikkel word deur die vreemde reuke in die fynbos veld. Interessant ook dat ons eie honde, na jare se daaglikse stap, steeds nie versadig raak daaraan nie.
Willie B - Des 2017
Algehele gradering
Besonderse rustige plek in die natuur.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Willie, dankie vir die positiewe resensie. Ja, ons is bewus van die toestand van die pad en beplan om in die nuwe jaar 2 sementstroke te lê om die ryery teen die bult uit te vergemaklik. Ons is bly julle het die besoek geniet!
Heidi N - Jul 2017
Algehele gradering
Dit was sommmer super awesome!
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Heidi, ons is bly julle het julleself geniet - enige tyd weer welkom!
Marius S - Des 2017
Algehele gradering
Salig.
Pieter D - Nov 2017
Algehele gradering
'n Lekker stil wegbreek in 'n pragtige omgewing.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Pieter, ons is bly julle het die wegbreek geniet. Piektyd vir ons wat seisoen aanbetref, so dis omtrent 'n blommeparadys op die oomblik! Groete, Marius
Elma M - Sep 2017
Algehele gradering
Lekker skoon berglug om in te asem en vars water om te drink.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Elma, ons is bly julle het die besoek geniet. Dit verstom ons steeds om soveel mense te sien gebottelde water saambring. Ons boorgatwater is onlangs getoets en oortref Kaapstad se bloudruppel kraanwater sowel as 3 gebottelde water vervaardigers se standaarde. Ek dink mense vergeet soms waar water gebore word. Hopelik kry ons nog reën deur die somer om die waterval aan die gang te hou. Groete, Marius en Margot.
Nick B - Sep 2017
Algehele gradering
\very enjoyable. spectacular views.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Dear Nick,
We're glad you enjoyed your stay with us. We can't take credit for the views, but we like sharing them with our guests!
Craig P - Nov 2017
Algehele gradering
Very peaceful, quiet and pleasant place to recharge mind and soul.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Baie rustig, stil en lieflike plek om liggaam en gees te verfris.
Great plek vir rus en ontspan.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Welcome back any time, Craig!
Marleen C - Okt 2017
Algehele gradering
Lieflike natuur en privaatheid. Lekker rus sonder TV.
Berghoff Erica Cottage se terugvoer
Beste Marleen,
Ek is bly om te sien julle het dit geniet! Hopelik ook Porterville se plaasmark die Saterdagoggend.
Groete,
Marius
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Berghoff Plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang