Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bergkraal Akkommodasie

  • Kapasiteit: 49 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bergkraal Plaas, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Vanaf R360 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bergkraal Akkommodasie bied 'n selfsorg-eenheid en kampeerplek in die hartjie van die Olifantriviervallei sowat 15 km buite Vredendal. Kom ontsnap uit die gewoel van die stad en tegnologie. Ideaal vir natuurliefhebbers of as jy dalk wil gaan stap of fietsry.

Hierdie lieflike huis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 7 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 3 enkelbeddens het. Hierdie 2 slaapkamers maak gebruik van die tweede badkamer met 'n bad.

Dié huis het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea en leefarea. Die kombuis is toegerus met basiese selfsorgtoebehore soos 'n 2-plaat gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die leefarea sluit gemaklike sitplek en 'n eetarea in waar gaste hul maaltye kan geniet.

Buite is daar 'n lieflike patio met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai. Hierdie eiendom maak saans gebruik van gas en 'n kragopwekker, en daar is geen elektrisiteit nie.

Daar is 7 gruiskampplekke met gedeelde ablusiegeriewe. Let daarop dat sommige weerstoestande buite die instansie se beheer is en kampeerders is verantwoordelik vir hul eie kamptoerusting.

Bakkies of SUV-voertuie is raadsaam vir die grondpaaie.

Bergkraal Akkommodasie is 'n gesinsvriendelike plek waar jy kwaliteit tyd saam met jou geliefdes kan deurbring. Met aktiwiteite van stap, draf, fietsry, blomme kyk of selfs 4 x 4 en motorfiets ry volgens reëling.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir Bergkraal Akkommodasie
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Bergkraal Plaas, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bergkraal Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R360
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R360
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 49 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bergkraal Plaas, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7c7572468b84ffced6f2c85a6cc31bff20931fe1a4e89b3fd2cf56a824ec0b4f657a0dcd0463e90efdd341a9e91a41356422?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R360 per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 Bergkraal Plaas Vredendal 8160 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.770964480258 18.496325788453

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang