Bergliot Guest House
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Heleen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 9 jaar
Opsomming van Resensie
Mike B - Mrt 2022
Algehele gradering
Glad nie voldoen aan my verwagtings nie.
Bergliot Guest House se terugvoer
Goeiedag Mike
Kritiek is altyd welkom, mits dit eerlik en deursigtig is.
Jy word met aankoms 28 Maart, deur my bestuurderes ontvang, verwelkom, na jou kamer geneem, op presies dieselfde manier waarop elke ander gas verwelkom word.
As jy kan onthou, ontmoet ek persoonlik my gaste, onder andere jy, vroeg Dinsdagoggend 29 Maart. Jy sal ook die omstandighede onthou. (Nie die platform om te noem dat ek het met krukke geloop het, na n ernstige voetoperasie nie. Steeds, ek het uitgegaan en my gaste , jy inkluis, ontmoet. )
Nadat jy die eerste oggend uitwys dat daar nie n lugversorger-afstandsbeheer vir jou kamer is nie, sal jy onthou dat ek sonder versuim verskoning aanbied, verduidelik dat die beheerders soms uit die kamers verdwyn, die beheerder moet bestel word, dus nie dieselfde dag beskikbaar gaan wees nie. Jy sal ook onthou dat ‘n gas, goedgunstiglik aanbied om sy kamer se beheerder tot jou beskikking te stel. Ek verstaan goed, nie sy plig nie, myne. Onder die omstandighede, ‘n oplossing en goeie gebaar van hierdie gas.
Ons ontbyt bestaan standard uit ‘n verskeidenheid brood, verskeidenheid ontbytgraan, verskeidenheid vrugte, joghurt, vars melk, sap, water, kitskoffie, masjienkoffie. En dan ‘n warm voorbereide ontbyt wat afgewissel word, elke nuwe dag.
Ek twyfel en verskil ten sterkste dat jou kamer vuil was. Na aanleiding van jou klagte, is ek oortuig jy sou my onmiddellik daarop gewys het in dieselfde gesprek hierbo verwys.
Ek twyfel en verskil ten sterkste dat jou kamer nie water gehad het nie. Ook hier is ek oortuig dat jy my onmiddellik hiervan in kennis sou stel.
Of kan dit dalk wees dat jy nie noem dat jy permanente toegang tot 'n elektriese waterfontein in die eetkamer gehad het, waar jy soveel water kon verbruik, as wat jou hartsbegeerte was nie? Gratis. Meer as die standaard waterbottel vereis by vierster+ verblyf.
Ek twyfel nie daaraan dat jou yskas afgeskakel was nie. Ons skakel dit af na elke gas se vertrek. Dis elke gas se vrye reg om te besluit of hy/sy die yskas nodig het al dan nie. Skakel hom gerus aan of los hom af, na jou behoefte.
Persoonlike interaksie by hierdie gastehuis is streng professioneel.
Jy is met jou aankoms verwelkom. Jy is die volgende oggend weer persoonlik genader, hierbo verwys. En jou verblyf was verby na dag twee.
Die aanmerking dat daar geen persoonlike interaksie met (kliente) gaste was nie, maak my uiters, uiters ongemaklik voel. Ek is werklik nie seker wat met hierdie stelling bedoel word nie.
‘n Nare ondervinding inderdaad.
Marnus V - Mrt 2021
Algehele gradering
Voel sommer tuis.
Amanda M - Okt 2019
Algehele gradering
Baie aangename verblyf.
Louise H - Sep 2018
Algehele gradering
Comfortable, clean and tranquil.
Lees meer
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Gemaklik, skoon en rustig.
Van die oomblik wat ons 'n vroeër bespreking versoek het, het ek geweet ons is tuis. Niks was 'n probleem nie. Ons gasvrou was baie vriendelik en verwelkomend. Die kamers was baie netjies en skoon en alles wat ons nodig gehad het was daar. Dit was lekker om die ontbyt ingesluit te hê en alles wat jy wil hê is in die eetkamer. Ek kan die lieflike plek beslis aanbeveel. Ons sal dit beslis op ons lysie sit om weer te besoek.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Bergliot Guest House se terugvoer
Hi Louise
Thank you for your kind words. We were happy to meet you guys and hope to see you again in the near future.
Heleen
Ada B - Feb 2016
Algehele gradering
Fantasties!
Christo S - Nov 2015
Algehele gradering
Uitstekende verblyf!
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7 Cabot Laan, , Edenvale, 1610, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang