Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bergsig Eco Estate

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 2, Vingerkraal-plaas, 50 km vanaf Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Bergsig Eco Estate is op 'n 340 hektaar-, malariavrye stuk bosveld net 50 kilometer vanaf Bela-Bela, 2 uur se ry van Johannesburg af. Hierdie stukkie ongerepte bosveld is ideaal vir vakansiegangers, gesinne wat wil wegbreek en sakelui wat op soek is na 'n spanbou- of
konferensiebestemming. Die voëllewe is asemrowend, daar is 'n groot verskeidenheid reptiele en insekte en soms wei die wild sommer op 'n mens se drumpel.

Die pragtige fauna en flora word omraam deur die Hoekberge en skep 'n ideale agtergrond vir luukse akkommodasie met 'n bosveldtema. Bergsig Eco Estate voorsien etes, maar selfsorgverblyf is ook beskikbaar in die lodge, chalets, groep-akkommodasie en Bunduhutte.

Die landgoed het ook eksklusiewe konferensiegeriewe met plek vir 160 afgevaardigdes en die kombinasie van die lewendige bosveld-atmosfeer en moderne geriewe maak dit die ideale keuse vir korporatiewe funksies, werkwinkels, bosberade en spanbousessies.

Die pragtige trou-venue is natuurlik ideaal vir droomtroues en die amfiteater rond die prentjie mooi af. Fotograwe wandel gewoonlik droomverlore rond tussen die wild wat in die bosveld staan en wei. Troues word gehou by die amfiteater en die konferensiesaal langs die hooflodge.

Verskeie aktiwiteite (binnemuurs en buitemuurs) is beskikbaar vir diegene wat spanbousessies wil
hou - dit is ideaal vir klein en groot groepe.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Paul O
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld bosveld wegbreek. Goeie waarde vir geld vir 'n rustige wegbreek.
Okt 2024
Wendy S
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte wegbreek in die bos. Pragtig, stil, skoon en almal is vriendelik en behulpsaam. Ons het dit baie geniet.
Jul 2024
Magda M
5.0
Pragtige, skoon plek. Ons het 'n baie lekker naweek gehad. Die plek is so mooi skoon en al die personeel is vriendelik en behulpsaam. Ons sien julle g...
Sien meer
Mrt 2024
Philip F
Gesin met tieners
4.8
Relaxing environment. We did enjoy our stay, it is a nice and quiet breakaway place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Stephan K
Gesin met klein kinders
4.8
Netjiese en veilige verblyf. Die plaasbestuurder, Hendrik, is voorwaar 'n aanwins vir die plaas. Niks was te veel moeite vir hom nie en hy was van vro...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 69

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Erfdeel 2, Vingerkraal-plaas, 50 km vanaf Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Bergsig Eco Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 2, Vingerkraal-plaas, 50 km vanaf Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANnm5LnRnvhiZEVcMTc2PQHpwyOMGn9CrgcbVLgASnBSpbLw1Ib?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4) 69 5 1 5 Portion 2 Vingerkraal Farm 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -24.729673473393 27.951563679642

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang