Ons is baie jammer vir die slegte ondervinding wat julle gehad het, dit was onnodig dat julle sulke ondervinding gehad het, jammer.
Die vorige besoekers, wat 3 weke daar was het ongelukkig die plek lelik verniel en het eers die oggend voor julle gearriveer het die plek ontruim. Hulle het die slotte beskadig en ons moes dit sederdien almal vervang. Direk na julle ons geskakel het oordat julle nie die deur kon oopmaak nie, het ons 'n onderhoudsman gekontak wat op die perseel was en binne minute julle tasse opgedra het en die deur oopgemaak het. Hy het ons geskakel en gese julle is tevrede want julle kan net die sekuriteitshek gebruik, anders sou ons die slot die volgende dag vervang het. Ons het ook julle daarna geskakel wat julle bevestig het dat julle tevrede is met die gebruik van die veiligheishek.
Die vorige gaste het boonop nie die sleutels terugbesorg soos die reeling is nie maar in die woonstel gelos by die skoonmakers, ons was nie daarvan bewus voordat julle ons geskakel het nie en dit het ons 'n tydjie geneem om die sleutels op te spoor.
Al die nuwe DStv dekodeerders laat nie toe dat simkaarte geruil word nie, maw men's kan nie meer net n kaart bring nie, moet ook jou eie dekodeerder saambring. Op die huisreels word dit uitgestip, ook dat ons teen R25 per dag dit kan reel. Daar is wel n Openview dekodeerder met al die gratis kanale.
Ons het ook die balkon Trelideur sederdien vervang met 'n glaspaneel en glas skuifdeur.
Wat betref die trappe, die beskrywing se dit is op die 2 de terras, foto's wys dit ook.
Nogmaals jammer vir die nare ondervinding, ons was nie vooraf bewus van die toestand nie, ons Agente wat onderhoud en skoonmaak hanteer het ons ook nie op hoogte gehou nie.