Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beside Still Waters

Gastehuis

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.3
Morne V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Rus vir jou siel. Hoogs aanbeveel. Stil en rustige atmosfeer. Beslis baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hans N
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Met een woord - puik. Ons is baie vriendelik ontvang en het die opsie gehad om The Loft te gebruik, aangesien dit beskikbaar was. Dit was 'n goeie ruil. Die geriewe is skoon en netjies en die uitsig vanaf die balkon uitstaande. Ronelle en Stephan het 'n heerlike ontbyt bedien en goeie advies vir ons tyd in die omgewing gegee. Ronelle was ook besonder behulpsaam om 'n bril wat agtergebly het aan ons terug te besorg.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chantel R
Lang verblyf
5.0
Jan 2020

Besonders. So 'n rustige plek. Dié dat ons 'n entjie uit die dorp was, was idillies. Die natuurtonele was besonders en ons het selfs 'n visarend hoor roep. Ronelle en Stefan was so vriendelik en behulpsaam. Die akkommodasie was netjies en skoon. Ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ronelle
Beside Still Waters
Dit was vir ons 'n groot plesier om julle in Upper Room te akkommodeer! Die pakkie is amper oppad. Sien julle 'n volgende keer.

Roxanne W
1 nag Besigheidsreis
5.0
Nov 2019

Baie lieflike plek met uitstekende gashere. Uitstekende gashere en 'n baie lekker verblyf. Sal beslis weer kom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Cawood K
1 nag Gesin met tieners
5.0
Okt 2019

Hier kan jy rus vind langs die stil waters! Hier kan 'n mens bly en bly! Hartlike mense en so mooi plekkie, uitgelê om gemak te kan geniet! Een nag is heeltemal te min.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ronelle
Beside Still Waters
Dit was so lekker om te gesels voor julle vertrek. Hopelik sien ons julle weer en dan vir langer as een aand.

Marius B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2019

Mooie cottage prachtig gelegen aardige mensen. Mooie cottage prachtig uitzicht heel schoon echt iets om aan te bevelen. Zijn we weer in de buurt dan zullen we zeker dit onderkomen kiezen. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wilhelm S
1 nag Gesin met tieners
4.4
Jan 2019

Pragtige plek, het ons verblyf geniet. Pragtige plek, gemaklike fasiliteite, vriendelike eienaar.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Arnold V
Kort verblyf
2.6
Des 2019

Mooi ligging met verskeie fasiliteit tekorte. Ons het 'n week spandeer by Beside Stil Water en het met hoë verwagtinge daar aangekom. Ons was hartlik verwelkom deur die eienaars waarna ons toegang verkry het na ons blyplek. Die kamers, badkamers en vertrekke is baie klein weens die feit dat dit op 'n solder in 'n huis is. Daar is beperkte vensters en 'n tekort aan ventilasie. Met 'n enkele aircon wat slegs 'n gedeelte van die huis diens is dit 'n onbegonne taak om die huis leefbaar af te koel. Daar is ook waaiers, maar die eienaars het die waaier en aircon deurlopend afgeskakel. Daar is herhaalde kere toegang tot die eiendom gemaak sonder 'n kenbare rede wat inbreuk gemaak het op ons gevoel van privaatheid. Daar is geen TV in die blyplek nie. Die voëllewe en natuurskoon is wel uit die boonste rakke. Alhoewel die huis goed toegerus is en 'n mooi ligging in 'n stil deel van Wilderness het sal ons dit nie aan beveel vir groter groepe of gesinne nie. Miskien sou die ervaring anders wees in 'n koeler klimaat en onder ander omstandighede.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0
Ronelle
Beside Still Waters
Eerstens, die eenheid was bespreek vir 6 mense en daar het 6 + 1 baba ongeveer 1 jaar oud? ingeboek. Die Upper Room is 'n 'kompakte' eenheid en is toegerus met 'n meer as voeldoende (overspecced) lugreeling, spesefiek inaggeneem die warmer somermaande. Ons versoek baie duidelik in die inligtings boek dat die lugreeling afgeskakel word wanneer daar vir die dag uitgegaan word, ons het twee keer dit gaan afskakel om elektrisiteit te bespaar en daarna dit laat vaar. Geen eenheid by Beside Still Waters is met TV's toegerus nie (verskoning indien daar onduidelikheid was). Tweedens, ons glo dat die fasiliteit 'tekorte' is oorskadu deur die positiewe punte en die baie mooi omgewing!

Sune F
Kort verblyf Gesin met tieners
2.2
Apr 2018

Ons was bietjie teleurgesteld in die verblyf. Ons het met ons tienerseun gereis en 4 aande by Beside Still Waters gebly. Eerstens, daar was hout wat onder die kothuis gelê het, en dit was erg koud en reënerig die aand, my seun het van die hout opgetel en langs die kaggel in die sitkamer gesit om later vuur te maak. Ons het dorp toe gegaan om kruideniersware te koop, later teruggekom en die hout was weg en daar is toe skielik 'n papier geplak wat sê die hout is te koop, my gevoel is die eienaar kon net met ons kom praat het, en nie net ingekom het en die hout kom vat het nie. Dit het vir 3 dae aanmekaar gereën, ons handdoeke het nie droog geword nie, en daar is nie eens 1 maal aangebied om die handdoeke vir ons te ruil nie. Ons het 3 aande gebraai, en die braaier is net 1 keer skoon gemaak. Ek verstaan skoonmaakdiens was opsioneel, maar klein goedjies soos dit maak 'n verskil. Van die skottelgoed in die kaste was vuil en daar was ook miere in die kaste. Al die basiese benodighede was daar, en die kombuis was goed toegerus.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
2.0
Ronelle
Beside Still Waters
Ons is jammer dat dit jul ervaring was en ons is van mening dat jul ontevredenheid grootliks toe te skryf is aan gebrekkige kommunikasie. Die inligtings blad in ons self sorg eenhede is voldoende beskrywend. Ons was op die perseel die hele tydperk van jul verblyf, maar was nie bewus van jul ongerief nie. Dankie vir jul terugvoering.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Ronelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bo-Langvlei-weg 21, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2BOWmxr0Fu2m2HtGNjuZ5XmQOxSEezN0ZoZphJqeHpQ3qfU7p9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 21 Bo-Langvlei Road Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.984506890819 22.661264831855

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang