Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beth El

Gastehuis

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.5
Diens
4.0
Veiligheid
4.5
Charl D
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Jan 2024

Het baie lekker gebly. Gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Arnold V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Des 2024

Bevredigend, as jy jou verwagtings bestuur. Met aankoms was ons voor dooiemans deur. Ek het weer gery want dit was warm. Laeticia het gebel en vra ek moet terugkom om die sleutels te kom kry want sy wil weer ry. Ek voel ek is die kliënt, beweeg om my reelings asb. Nie anders om nie. Boonop was daar so bietjie deurmekaar spil met die kamers en personeel wat nie opdaag nie. So vir die eerste 2 dae was dit maar deurmekaar omdat ons wag vir 'n boodskap wat vra ons moet skuif. Ons het die heeltyd in die pad gevoel en onwelkom. Gelukkig steeds 'n kamer gekry met 3 beddens (vrou en 2-jarige kind saam my). En hier het goed begin skeefloop. Ons is in die "luxury room" wat pronk met 'n aircon, maar niemand laat weet jou voor die tyd jy moet ekstra betaal vir hom nie. Ek moet self daaroor vra op die 2de dag. Noem dit miskien vooraf en bied die remote aan met inboek, al is dit teen ekstra koste. Of gee ten minste 'n waarskuwing as ons nie die aircon mag gebruik nie. Dan is daar 3 beddens, maar net een glas en koppie vir koffie. Wie moet nou drink en wie kyk? Dan een 3kwart rol single ply toiletpapier teen R1550 per aand is nie voldoende vir 3 aande nie. Sorry, ek het teen daai prys net meer verwag. Ek moes my eie aankoop. Die cleaner was darem gaaf genoeg om die laaste single ply te vat en te vervang met my eie 2-ply. 3 mense, 3 beddens, maar net 2 handdoeke? Wat in ons 3 dae nie een keer vervang was nie. Met inboek word jy in kennis gestel dit is nie self-catering nie. So moenie die kombuis gebruik nie. Slegs braai en mikrogolf, maar niemand het my die opsie gegee om maaltye te bestel nie. Noem dit as 'n opsie vooraf en kommunikeer pryse. Dit was middel in 'n hitte golf, maar ons kon nie die swembad gebruik nie. My seun wil nie inklim nie want dit is te vuil. Met bespreking vra ek pertinent ek soek 'n bad vir my seun. Toe ons daar kom is die proppe weg geneem weens "water beperkings". Hoekom dit nie vir my gesê toe ek navraag doen nie? Nou kom ons aan en verwag 'n bad. Ons kon geen alternatiewe reelings nou meer tref nie. Boonop is daar nie meer water beperkings in die Kaap nie. Klein stupid goedjies soos 'n hande roompie, miskien goed, 'n bottel water in die yskas met aankoms is goed wat minimale inset koste en moeite verg, maar 'n mens laat welkom voel. Ek reis baie vir werk en bly in baie gastehuise. So miskien is ek net meer sensitief vir sulke goed, meer teen die pryspunt het ek meer verwag. Al die klein goed in isolasie is nie 'n probleem nie, maar dit laat mens onwelkom en ongemaklik voel as jy alles saam oorweeg. Dit trek af van die eiendom homself wat absoluut puik is. Fantastiese huis, baie smaakvol gestileer en gemeubileer, great buurt, alles is silwer skoon (behalwe die swembad). Al die grondwerk is daar, maar klein goedjies het afbreek gedoen aan ons verblyf.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Stephan D
Kort verblyf
4.0
Apr 2022

Lekker geslaap. Skoon en netjies. Vriendelike diens.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Anthony T
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Des 2020

Great place, great owner, top service. The owner was awesome and her sons assisted where required. Very nice experience.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Leticia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 4

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 050
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vleilandsingel 50, Sonkring, Brackenfell, 7560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcab173985614312e08d32a8e294b61ca0684313ff1787eb5e3b21a8fe325793b761ab254ba34db2108ef383f6ba804e6213b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 50 Vleiland Crescent Sonkring 7560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.899524660662 18.693257421255

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang