Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bethesda Mountain Lodge

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
John M
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Lekker. Vriendelike diens, netjies en rustige kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Luchez-miny B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Die naweek was net te kort dat ons 100% terug sal moet gaan. Amazing! Mees lekkerste bly ooit!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alrika V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

'n Perfekte wegbreek vir herverbinding en ontspanning. Ek en my man het vir 3 nagte by Bethesda Mountain Lodge bespreek om net weg te kom, te ontspan, herlaai en weer met mekaar te verbind. Die omgewing is stil en vreedsaam. Die kothuise is pragtig gebou en die loodglasvensters is besonder pragtig. Dit is die ideale wegbreek vir paartjies wat wil herverbind en mekaar waardeer. Ek sal beslis weer hier kom bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jadene
Bethesda Mountain Lodge
So bly julle het dit geniet. Julle is enige tyd weer welkom. Dankie vir so 'n mooi resensie. Groete, Bethesda Mountain Lodge

Jaco D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2024

Uitstekende verblyf! Baie gerieflike huisie (Cactus), geleë tussen bome. Klagtes in ander resensies soos bv. die toestand van die pad of die gebrek aan 'n braaier is deur die eienaars aangespreek. Pad is in 'n baie goeie toestand en braaier is intussen gebou. Geleë in 'n dig beboste kloof. Baie mooi staproetes tussen die bome op die plaas, met uitstekend gemerkte roetes tot bo-op die Magaliesberg. Huisie het toegang tot sonkrag, dus behoort load shedding nie 'n probleem te wees nie. Goeie waarde vir geld, gegewe dat dit 'n klipgooi van Pretoria geleë is. Kan dit vir seker aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Eike T
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Almal moet hier kom oorslaap! Ongelooflike mooi, romantiese cottage weggesteek in die bos. Lekker braai buite en staproetes. Top kwaliteit dekor, geriewe en klientediens!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jadene
Bethesda Mountain Lodge
Wow, baie dankie vir die mooi resensie. Dankie dat julle sulke gawe en fantastiese gaste was. Hoop om julle gou weer te sien. Groete Bethesda Mountain Lodge

Candace M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Stunning, remote and great for couples. We really loved our stay! The lodge was beautiful and clean; we had everything we needed. The Bethesda Mountain Lodge is so remote and perfect for a couple's getaway. Loved the extra detail of the stained glass and the wooden windows. We went hiking on the farm; the trails are marked very well.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jadene
Bethesda Mountain Lodge
Thank you so much. We appreciate the kind words. We would love to welcome you back. Regards, Bethesda Mountain Lodge

Dolf O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Lekker uitgerus, weg van die stad se gejaag. Dit is baie rustig en veilig. Die plekkie is baie mooi skoon en netjies. Ons het lekker teen die berg gaan uitstap en het die natuur baie geniet. Ons sal beslis weer terugkom na die pragtige plekkie toe. Ons het dit baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jadene
Bethesda Mountain Lodge
Hi Dolf, Baie dankie. Ons sien uit om julle terug te verwelkom. Groete Bethesda Mountain Lodge

Jaco K
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2024

Bekostigbare luuksheid. Dit was soos hemel op aarde. Pynlik netjies en uiters goed toegerus. Mens kan net opdaag en bly. Omdat die plekkie nog nuut is, was daar net 'n opslaan braaier, maar 'n boma sal die kersie op die koek wees. Ons gaan vir seker weer besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jadene
Bethesda Mountain Lodge
Hi, Julle moet weer kom inloer. Ons het nou boma braaiers gebou voor die eenhede en ons is baie trots! Dankie vir die mooi resensie. Groete Bethesda Mountain Lodge

Stephanie B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Hier kan jy asemhaal, afskakel en verfris voordat jy huis toe gaan. Puik verblyf! Wat 'n fantastiese belewenis! Die huisie is keurig ingerig, netjies en skoon. Ons het ure op die swaai stoel op die stoep gesit en geniet van die natuur. Jy het sowaar jou eie dam by jou agterdeur. Die staproete is puik uitgelê en jy word regtig rustig langs die waterstroompies en waterval. Jy sal werklik afskakel hier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jadene
Bethesda Mountain Lodge
Baie dankie, Stephanie. Ons sal julle graag weer terug verwelkom. Bly julle kon afskakel. Groete, Bethesda Mountain Lodge

Uscke K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Pragtig, skoon, stil. As jy hou van die bos, is dit beslis die regte plek. Ons het baie lekker gekuier/gebly. Plekkie was pragtig en skoon. Die gasheer het kom inloer om seker te maak ons het nog genoeg hout en of ons enige iets anders nodig het. Dit is stil en rustig. Beslis lekker ontspanning en rus. As jy hou van die bos en buite lewe, sal ek sonder twyfel hierdie plek voorstel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jadene
Bethesda Mountain Lodge
Baie dankie vir die geweldige resensie. Sien julle gou weer! Groete Bethesda Mountain Lodge

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jadene Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 7 maande

Vanaf
Vanaf R1 095
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 095
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R513, Old Brits-weg, De Wildt, 0251, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfbb84079173d6165551250629ada068d196d4dd6cb024210883d6a088d23aaeab81bd05322331686af20b3fca34fbb2fbade?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 095 per nag (plek vir 4) 16 5 1 5 R513 Old Brits Road 0251 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.670826780149 27.949726054942

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang