Bettie's Luxury Lodge
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lintott-straat 12, Wilgenhof, Kroonstad, 9500, Vrystaat
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bettie's Luxury Lodge is in die pragtige dorp Kroonstad geleë, halfpad tussen Johannesburg en Bloemfontein. Die lodge bied 'n rustige toevlugsoord wat jou 'n tuiste weg van die huis sal gee. Ons bied dienste vir enige tipe reisiger, of jy nou hier is op besigheid of vir vakansie.
Ons kamers het pragtige dekor, uitstekende gehalte ekstra lang beddens en al die nodige geriewe. Ons het 6 kamers met en suite-badkamers en privaat ingange. Elke kamer het ook 'n platskerm-TV met volledige DStv, gratis onbeperkte WiFi, lugversorging, verwarmers, elektriese komberse, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n haardroër.
Die lodge bied ook 'n swembad, gemeenskaplike kombuis en braai-area, asook omsetters vir ligte, WiFi, TV en die yskas tydens beurtkrag.
Kroonstad is tjokvol opwindende doendinge soos vlooimarkte, 'n teetuin, visvang in die Valsrivier of die Bloemhoekdam, staproetes, leeutoere en leeu- en tier-ervarings by die Boskoppie Leeu- en Tierpark. Kroonstad het tot vandag toe die ruwe skoonheid wat daartoe gelei het dat die Voortrekkers hier 'n stad gestig het, en dit is dus steeds 'n belangrike administratiewe-, landboukundige- en opvoedkundige landmerk.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Bettie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 86
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Lintott-straat 12, Wilgenhof, Kroonstad, 9500, Vrystaat
- Gaste dink Bettie's Luxury Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lintott-straat 12, Wilgenhof, Kroonstad, 9500, Vrystaat