Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Biesiespoort Guesthouse

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Carel S
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Baie lekker rustige plek ek Hannekke. Baie mooi plek, alles waaraan jy kan dink is vir jou gereed en reg gesit. Die natuurskoon bring 'n rustigheid in jou siel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Maretha V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Pragtig, luuks, mooiste dekor, fynste detail, gasvry en heerlike plaasatmosfeer! Pragtige, luukse gastehuis wat al ons verwagtinge oortref het. Die rustigheid van die plaas en mooi omgewing dra by tot die wonderlike atmosfeer! Hanneke doen ongelooflik moeite om mens baie tuis te laat voel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Baie dankie. Dit was vir ons heerlik om julle te verwelkom op Biesiespoort. Ons is bly julle het die tyd by ons geniet en hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom. Tot wedersiens.

Hanli G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Salig, luuks en sommer net lekker! As ek kon, sou ek Biesiespoort 10 sterre gegee het! Ons is hartlik ontvang en die gasheer het dadelik 'n plan gemaak toe ons (te laat) besef ons gaan nie iets te ete in Loxton kan koop nie. Daar is soveel aandag aan detail gegee. Top gehalte linne, eetgerei, dekor, geurkerse, ens. Selfs vars blomme in die huis. Die huis het alle verwagtings oortref en die rustigheid op die plaas was voorwaar net wat ons nodig het om van alle stres ontslae te raak. Wens ons kon nog langer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Beste Hanli, Ons is so bly julle het julle besoek aan Biesiespoort Gastehuis geniet. Ons sien uit na julle volgende kuier in die Karoo.

Gerhard S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Sielsverkwikkend. Bederf. Hierdie verblyf was vir ons die heel beste wat ons ooit gehad het. Hoekom? Die grootte van die huis, die fasiliteite, die liefde waarmee alles gedoen is, die diepe bedagsaamheid waarmee alles gedoen is van die ontvangs tot by die dekor en die fasiliteite (bv. die sterk flitsliggies langs die kaggel in die voorportaal!) het ons heeltemal oorweldig en stomgeslaan. Kon die spasie en netheid en smaakvolheid nie glo nie. Die stilte was 'n berusting vir die siel en 'n lafenis na 'n vermoeiende vakansie. Ons was net twee mense en het nie die boonste verdieping se kamers gebruik nie. Ons wou graag nog 'n nag bly, maar daar was gaste wat bespreek was vir die volgende aand ongelukkig. Ons sal weer hier kom oorslaap - enige tyd as ons kan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

De Wet C
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Die gastehuis is wonderlik en die gasvrou het ons laat tuis voel! Dit was ongelooflik lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hannes D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Uitstaande gasvryheid! Ons het een nag by Biesiespoort Guesthouse oorgeslaap en het dit baie geniet. Het die gasvryheid van die gasheer baie geniet en waardeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Helené G
1 nag Saam met vriende
5.0
Des 2023

Hoogtepunt ondervinding. Sal hul weer gebruik. Was 'n wonderlike ondervinding. Heerlik gebly. Alles mooi en netjies. Behoorlike Karoo-gevoel op die plaas!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charlotte W
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Biesiespoort het die mooiste grasie en hartlike liefde van die Karoo. Biesiespoort het ons hartlik ontvang met gasvryheid. Die akkommodasie bied home away from home - alles wat jy nodig het en nog meer! Ons het gesmul aan die lekkerste tuisgemaakte skaapwors, chops en potbrood. Ons het die voorreg gehad om betyds te wees vir die lamseisoen wat die kinders hoogs geamuseer het. Die nag het ons met asemrowende sterre beklink. So 'n mooi plek. Ons gaan definitief dit ons gereelde stop maak tussen JHB en Kaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christiaan D
Kort verblyf
5.0
Des 2023

Loxton gasvryheid op sy beste. Biesiespoort is asembenemend mooi en rustig. Biesiespoort is 'n pragtige nostalgiese afpakplek wat onlangs nuut opgeknap is, met 'n vergrote toegeboude kuierstoep en braaigeriewe vir die bobaas braaier. Die dekor en algehele gebruiksgemak is fantasties en alle gerieflikhede en ekstras is beskikbaar. Die fraaie Karoodorpie Loxton is 'n klipgooi weg. Hanneke is 'n uitstekende gasvrou wat altyd beskikbaar is om te help of raad te gee oor die dorp en omgewing. Moenie hierdie pragtige plek verbyry nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Evelyn S
1 nag Saam met vriende
5.0
Mrt 2023

Heerlik rustig. Ek sal tog die volgende aanbeveel: 'n sakkie hout en blitz. Oorweeg 'n toilet op boonste vloer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hanneke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R 3 750
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 3 750
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Biesiespoort Plaas, Loxton, 6985, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56616eb78325f799590c3e913edca9a747d02e0f98141b1516416be4df4e48d3720d9df15945299f250075c9182a59067ab2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 750 per nag, vir 6 mense 19 5 1 5 Biesiespoort Plaas Loxton 6985 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -31.470912069627 22.376130120963

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang