Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Biesiespoort Guesthouse

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Zelda B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

’n Juweel van ’n plaashuis, net ’n katspoegie van Loxton. Ons en ons hond, Walter, het regtig welkom gevoel by Biesiespoort. Die pragtige ou plaashuis was koel en uitnodigend, keurig gemeubileer en met alles waarvoor ons kon wens - selfs 'n ysmasjien! Daar was goeie koffie en tuisgebakte beskuit in die kombuis, pragtige, sagte handdoeke in die badkamer en ’n sterk stroom water deur die stortkop. Hanneke is ’n vriendelike en besorgde gasvrou wat ons selfs die volgende dag gekontak het nadat ons daar weg is, om seker te maak ons is oukei. Ons kar het die vorige dag ’n paar nukke gehad, en sy was bekommerd. Walter kon lekker rondhardloop in die omheinde voortuin en met Harry, die inwonende plaashond, speel. Ons kon die res van die pragtige Karooplaas verken met Walter aan ’n leiband. Ons sal beslis weer by Biesiespoort oornag, en dit wyd en syd aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Baie dankie vir jul resensie aangaande verblyf by Biesiespoort Gastehuis. Dit was een groot plesier en ek is bly Walter en Harry kon ook kuier geniet en vriende maak. Kom gerus weer vir langer om die staproete en omgewing te geniet. Tot ons weer sien

Carel S
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Baie lekker rustige plek ek Hannekke. Baie mooi plek, alles waaraan jy kan dink is vir jou gereed en reg gesit. Die natuurskoon bring 'n rustigheid in jou siel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Baie dankie vir jul terugvoering oor verblyf op Biesiespoort. Kom gerus weer en bly langer om die staproete en natuurskoon te waardeer. Tot ons weer sien

Maretha V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Pragtig, luuks, mooiste dekor, fynste detail, gasvry en heerlike plaasatmosfeer! Pragtige, luukse gastehuis wat al ons verwagtinge oortref het. Die rustigheid van die plaas en mooi omgewing dra by tot die wonderlike atmosfeer! Hanneke doen ongelooflik moeite om mens baie tuis te laat voel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Baie dankie. Dit was vir ons heerlik om julle te verwelkom op Biesiespoort. Ons is bly julle het die tyd by ons geniet en hoop om julle weer in die toekoms te verwelkom. Tot wedersiens.

Keith G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2025

Peace & tranquility. Thoroughly enjoyed our stay there and were well looked after by our host. Worth the detour to detox city life!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Hanli G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Salig, luuks en sommer net lekker! As ek kon, sou ek Biesiespoort 10 sterre gegee het! Ons is hartlik ontvang en die gasheer het dadelik 'n plan gemaak toe ons (te laat) besef ons gaan nie iets te ete in Loxton kan koop nie. Daar is soveel aandag aan detail gegee. Top gehalte linne, eetgerei, dekor, geurkerse, ens. Selfs vars blomme in die huis. Die huis het alle verwagtings oortref en die rustigheid op die plaas was voorwaar net wat ons nodig het om van alle stres ontslae te raak. Wens ons kon nog langer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Beste Hanli, Ons is so bly julle het julle besoek aan Biesiespoort Gastehuis geniet. Ons sien uit na julle volgende kuier in die Karoo.

Gerhard S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Sielsverkwikkend. Bederf. Hierdie verblyf was vir ons die heel beste wat ons ooit gehad het. Hoekom? Die grootte van die huis, die fasiliteite, die liefde waarmee alles gedoen is, die diepe bedagsaamheid waarmee alles gedoen is van die ontvangs tot by die dekor en die fasiliteite (bv. die sterk flitsliggies langs die kaggel in die voorportaal!) het ons heeltemal oorweldig en stomgeslaan. Kon die spasie en netheid en smaakvolheid nie glo nie. Die stilte was 'n berusting vir die siel en 'n lafenis na 'n vermoeiende vakansie. Ons was net twee mense en het nie die boonste verdieping se kamers gebruik nie. Ons wou graag nog 'n nag bly, maar daar was gaste wat bespreek was vir die volgende aand ongelukkig. Ons sal weer hier kom oorslaap - enige tyd as ons kan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marinus V
1 nag Gesin met tieners
4.8
Des 2024

Pragtige en netjiese verblyf. Sal graag wou langer bly! Baie dankie vir julle gasvryheid, ons het heerlik gekuier. Die Karoo se vars lug en stilte was net wat ons nodig gehad het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Hanneke
Biesiespoort Guesthouse
Baie dankie vir jul terugvoering. Kom gerus weer en bly langer, sodat ons waarde vir geld kan waarborg. Ons sal werk daaraan om nog beter diens te lewer. Voorspoed vir die jaar.

De Wet C
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Die gastehuis is wonderlik en die gasvrou het ons laat tuis voel! Dit was ongelooflik lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hannes D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Uitstaande gasvryheid! Ons het een nag by Biesiespoort Guesthouse oorgeslaap en het dit baie geniet. Het die gasvryheid van die gasheer baie geniet en waardeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Helené G
1 nag Saam met vriende
5.0
Des 2023

Hoogtepunt ondervinding. Sal hul weer gebruik. Was 'n wonderlike ondervinding. Heerlik gebly. Alles mooi en netjies. Behoorlike Karoo-gevoel op die plaas!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hanneke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf R4 000
R 4 000 R 3 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf R4 000
R 4 000 R 3 400
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Biesiespoort Plaas, Loxton, 6985, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56616eb78325f799590c3e913edca9a747d02e0f98141b1516416be4df4e48d3720d9df15945299f250075c9182a59067ab2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 000 nouVanaf R3 400 per nag, vir 6 mense 22 5 1 5 Biesiespoort Plaas Loxton 6985 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -31.471010439399 22.376159625262

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang