Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Big Bay Beach Club Apartment

Selfsorg

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Nickey B
1 nag Saam met vriende
5.0
Des 2023

Dit was awesome. Felt like home. Ons oorslaap by Big Bay Beach Club Apartment was voorwaar 'n lekker ervaring. Ruim, skoon en netjies ingerigte eenheid. Enigste uitdagingtjie was dat die braaigeriewe met die verouderde braaipan en 'n wind wat skrik vir niks, nie veel help vir diegene met 'n liefde vir braai nie. Maar afgesien van dit was die wooneenheid baie leefbaar. Ons sal beslis die Big Bay Beach Club Apartment aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alma P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2023

Gemaklike eenheid vir kort of lang verblyf! Geen see-uitsig nie en met 'n wind wat elke liewe dag, heeldag waai, is dit net nie prakties om buite die eenheid te sit om koffie te geniet nie. Weggeblaas deur hierdie eenheid! In die toegeboude patio-area het amper ge'squeal' toe ek gedink het daar is 'n binnebraai - maar dis toegemaak en jy kan dit as stoorplek gebruik. Daar is 'n besem, mop, 'n kleredroërak, strykplank en 'n paar klere-ysters (strykyster) regdeur die eenheid. Sekuriteit voor vensters en deure! Dit is regtig wonderlik - ons het die vensters oopgelos vir 'n trek - en die skuifdeur en voordeur oop vir vars lug - sonder bekommernis. Die kombuis het 'n wasmasjien (bonus), 'Sunlight Liquid'-vloeistof, spons, vadoeke en skuurdertjie - so handig! Ekstra swartsakke in die laai, kombuishanddoek en 'n blik gevul met sakkies tee, koffie en suikersakkies! Klein melk in yskas en 2 klein botteltjies water. Mikrogolf en oond werk albei (ek het grondboontjiebotterkoekies in albei gebak - ja, jy kan grondboontjiebotterkoekies in mikrogolf 'bak' en eintlik was hulle lekkerder as die oond s'n!), bottel ontsmettingsmiddel, selfs 'n koffie 'plunger'. Die sitkamer het 2 ongelooflike gemaklike rusbanke en 2 moderne stoele (dieselfde kleur as die gordyne - gemaklik en regtig oulik!). 2 Groot nagemaakte plante in sitkamer, sowel as kleiner nagemaakte potplante in patio area en in badkamer. Absoluut briljant! TV, wi-fi en genoeg proppe om jou elektroniese toestelle te laai. Hou van die groot prent in die sitkamer. Badkamer het toiletverfrissersproeis, vloeibare seep (albei so 'n noodsaaklikheid) en ander toiletware. Toe ons inpak, vra my man of die sneesdoekies in die badkamerkassie myne is - ek vra vir hom: watter badkamerkassie? Ek't nie eers besef die spieël was eintlik 'n badkamerkassie ook nie! Op die badkamerdeur sowel as beide die slaapkamerdeure het hulle hierdie 'gadgets' met hake aan die binnekant van deure - om handdoeke, klere, kamerjas, ens op te hang. So handig! Die dekor regdeur die woonstel is briljant! Saggrys met spatsels kleur. Hou van die duvetoortreksels en die handdoeke is groot en absorberend. Baie, baie kasspasie! 'n Gangkas met 'n haardroër, waaierverwarmer en plek vir tasse. Baie hangers in beide kamers! Hoofslaapkamer is groot - het 2 bedkassies met 2 laaie en met vensters na die toegeboude patio. Die 2de slaapkamer is kleiner, maar ook baie mooi. Die Big Bay Beach Club is 800 m van die Seaside Village af. 'n Paar fantastiese winkels! Checkers,'n bakkery, 'n paar koffiewinkels, 'n Cape Trading met wonderlike kosprodukte, dekorwinkel, Clicks, ens. Ook 'n Spur, Brazen Head (Ierse) en Cape Town Fish-maatskappy. Dit het my 10 minute geneem om te loop – en dit is met die wind wat van voor waai! As jy maer is, het jy dalk 'n probleem. Die wind sal jou sekerlik afwaai! Ons het nie die klubhuisgeriewe gebruik nie, maar daar is 'n groot swembad, 6 gemeenskaplike geboude braaiers en pieknieksitplekke, tennisbane , ens. Strand toe sal jou 2 minute neem (die pad oorsteek), maar ons het nie eers in hierdie wind probeer nie. Eden on the Bay met nog restaurante is net 'n paar minute se ry weg. Die Kapstadt Brauhaus is fantasties! Duitse kos - bestel hul pretzel! The Big Bay Waffle Company is wonderlik vir ontbyt- bestel hul The Double Trouble - dis 'n wafeltoebroodjie met spek en eiers - huge porsie! Ons het gedeel! Die Happy Folks het 'n elektroniese veerpyltjiebordspeletjie wat nagegaan moet word en as dit jou verjaarsdag is, draai jy 'n wiel en wen. Hulle Happy burger is heerlik en hulle mushroom rocket pizza is great! Natuurlik net 'n bietjie verder is die ikoniese Blue Peter Hotel! Ongelooflik om buite te sit - na die see te staar en hul pizzas is heerlik!.Hierdie eenheid is perfek vir sakereise, sowel as vir vakansies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Guest House Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 172

Op LekkeSlaap 15 jaar

Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Java-laan, Langs Otto du Plessis-rylaan, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc172fde7b72a765d2e98076bbd1da5c8a3a5e19f486128315c378fe44689d91b8e7c57652e686e57a64236e35ccaf072787f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 Java Avenue Off Otto du Plessis Drive 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.783607169573 18.454096850301

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang