Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Big Blue Breaks

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Macleanstraat 106, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Big Blue Breaks is 'n lieflike gastehuis in Umkomaas aan die KwaZulu-Natal kus. Dit is net 50 km van Durban af en gebruik sonkrag tydens beurtkrag.

Verblyf word aangebied in 'n gesinseenheid en 'n eenheid met slaapplek vir 2. Die gesinseenheid het 'n aparte slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank in die sitarea wat geskik is vir 2 kinders onder die ouderdom van 12. Die eenheid met slaapplek vir 2 het 'n oopplan-ontwerp met 'n dubbelbed. Elke eenheid het 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Elke eenheid het 'n privaat stoep met braaigeriewe en 'n kombuisie wat met 'n induksie- of gasstoof, mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad, TV en gratis WiFi-toegang.

Die gastehuis is ideaal geleë sodat gaste die vreedsame prag van die Suidkus kan waardeer met die beroemde Aliwal Shoal wat manjifieke riwwe bied waar gaste kan gaan skubaduik. Haaiduikuitstappies is sommer op jou drumpel beskikbaar. Nabygeleë aktiwiteite en uitstappies sluit watersport, gholf en die swemstrande van Scottburgh en Pennington in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Macleanstraat 106, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Macleanstraat 106, Umkomaas, 4170, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8491e2dcb4431baa22230b1a91662a1d24d875c9d11a3887d1a18b4cd53d572f1d3cff9c31e3e0147186e63688c37b3af82d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 106 Maclean Street Umkomaas 4170 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.2063282 30.7877228

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang