Big Sky Cottages
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, Wolseley, Breedekloof, 6830, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Big Sky Cottages is op 'n 67 ha-plaas in Wolsely geleë - 'n streek wat bekend is vir pragtige wynplase en bergreekse. Die kothuise is in 'n plaasomgewing, teen die hange van die Mostertshoekberge geleë en spog met uitstekende uitsigte oor die vallei. Dis die ideale wegbreekplek vir diegene wat uit die stad wil ontsnap.
Verblyf is in 10 selfsorg-eenhede wat elk 2 gaste kan akkommodeer beskikbaar. Elke kothuis het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, 'n kaggel en lugversorging.
Elke kombuis is goed toegerus en sluit 'n stoof, 'n yskas, 'n mikrogolfoond en 'n broodrooster in. Die eenhede lei na privaat stoepe met uitstekende uitsigte op die berge en oor die wingerd. Daar is ook braaigeriewe op die stoep en parkeerplek langs elke kothuis.
Aktiwiteite en geriewe op die perseel sluit 'n swembad, boma vir braai en Franse rolbal in. Gaste kan ook lekker in die berge gaan stap en die plaas verken.
Aktiwiteite is die omgewing sluit perdry, voëlkyk, fietsry en wynproe in. Big Sky Cottages is minder as 10 km vanaf Wolseley en naby verskeie geriewe.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Elaina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 56
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R43, Wolseley, Breedekloof, 6830, Wes-Kaap
- Gaste dink Big Sky Cottages het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R43, Wolseley, Breedekloof, 6830, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang