Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bikini Bottom

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Bikini Bottom is 'n asemrowende vakansiehuis wat heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf in die skilderagtige dorpie Jacobsbaai. Die huis bied maklike toegang tot die strand en dien as die ideale bestemming vir 'n gesin wat uit die stadsgedruis wil ontsnap.

Die smaakvol gemeubileerde huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer lei direk na die stoep en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die vierde slaapkamer het 'n privaat ingang en 'n dubbelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het ook 'n yskassie, ketel en 'n mikrogolf. Daar is ook TV's in al die slaapkamers.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV en ingeboude braaigeriewe.

Die leefarea lei na 'n stoep met ingeboude braaigeriewe, 'n buite-etenstafel, sonstoele en 'n son-verhitte swembad. Daar is ook 'n KolKol-houtvuurwarmbad. Die huis spog met 'n tweede kuierarea op die dak, waar daar draagbare braaigeriewe en genoeg sitplek is.

Die huis is ook heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en het sonpanele.

Gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jaco S
Saam met vriende
5.0
Great plek en waarde vir geld. Baie lekker huis, uitleg en geriewe is perfek.
Des 2024
Firdaus R
5.0
Absolutely fabulous house. Enjoyed our stay thoroughly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2023
Riandi A
Gesin met klein kinders
4.8
Heerlike wegbreekplek. Rustig en het alles wat jy benodig.
Jul 2023
Surene L
Gesin met klein kinders
4.6
Huis is baie gerieflik. Swembad en warmbad treffers. Baie lekker gebly. Die fasiliteite was bo gemiddeld. Goeie kommunikasie oor wat beskikbaar is.
Feb 2024
Kaylen S
Gesin met klein kinders
3.8
It was great. Our stay was great, but most of the bedding was dirty and towels as well.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bikini Bottom het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 4 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9b31e15b402eae76c9004ebcce8f1a24cb6bbdc55990edbfcc4833f194829d5cc2b058b519f8a5d5805d90668f42a3657e32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 600 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 9 Strandkiewiet Street Jacobs Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.983203070584 17.882678100664

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang