Bikini Bottom
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Nov 2024 tot 7 Des 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 600R4 140 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Bikini Bottom is 'n asemrowende vakansiehuis wat heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf in die skilderagtige dorpie Jacobsbaai. Die huis bied maklike toegang tot die strand en dien as die ideale bestemming vir 'n gesin wat uit die stadsgedruis wil ontsnap.
Die smaakvol gemeubileerde huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer lei direk na die stoep en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die vierde slaapkamer het 'n privaat ingang en 'n dubbelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer het ook 'n yskassie, ketel en 'n mikrogolf. Daar is ook TV's in al die slaapkamers.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n gemaklike sitkamerstel, 'n TV en ingeboude braaigeriewe.
Die leefarea lei na 'n stoep met ingeboude braaigeriewe, 'n buite-etenstafel, sonstoele en 'n son-verhitte swembad. Daar is ook 'n Kol-Kol houtvuur-warmbad. Die huis spog met 'n tweede kuierarea op die dak, waar daar draagbare braaigeriewe en genoeg sitplek is.
Die huis is ook heeltemal onafhanklik van Eskom en ten volle op solar krag.
Gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Gaste dink Bikini Bottom het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandkiewietstraat 9, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang