Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bikini's en Martini's

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1ste Laan 34, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 250 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Bikini's en Martini's bied veilige en gerieflike selfsorgverblyf in Melkbosstrand naby die see.

Die huis is geskik vir 5 gaste en het 3 slaapkamers en 'n badkamer. Daar is 2 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en die ander slaapkamer het 'n enkelbed. Die groot badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die kamers lei na 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, dubbeldeur-yskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Verder is daar 'n etenstafel vir 5 en in die sitarea is daar gemaklike banke, 'n kaggel en 'n platskerm slim-TV. Gaste kan hulle eie intekenbesonderhede vir DStv en Netflix gebruik, of van die eienaar se rekening gebruik maak. WiFi is beskikbaar. Die groot onderdakstoep het 'n uitsig oor die swembad en het oorgenoeg sitplek langs die buitebraai.

Gaste het 'n aparte ingang en veilige parkeerplek. Bikini's en Martini's is naby die strand, winkels en restaurante.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Mandy A
Gesin met klein kinders
5.0
10/10 vir bikini's en martini's. Pragtige huis met alles tot ons beskikking en alles wat ons nodig sou hê. Die gasheer was vriendelik en baie tegemoet...
Sien meer
Jan 2024
Daniel L
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi huisie by die see. Wonderlike huis met alles wat nodig is. Ons het baie lekker gebly. Jammer dit was so kort.
Des 2023
Yasmine K
Saam met vriende
5.0
Friendly hostess. We had a lovely, comfortable stay. The establishment has everything you need to have a comfortable stay. The hostess ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023
Gene O
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties en gerieflik. Vriendelike gasvrou!
Apr 2023
Telisha B
Gesin met tieners
5.0
Had a amazing weekend. Peaceful, safe environment.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Erna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 1ste Laan 34, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bikini's en Martini's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 250
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R3 250
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1ste Laan 34, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5a1a0b81efc077cbce686d2e41ac9333852c78a3a8097ceeeb13d87e398e3fe2765ff18533312bf770b2a9370f321893d952?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250 per nag (plek vir 5) 6 5 1 5 34 1st Avenue Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.732156475756 18.436996984656

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang