Birches Cottage & Willows Garden Room
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Scotstonstraat 19, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Birches Cottage & Willows Garden Room is in 'n stil hoekie van die Drakensberg Wêrelderfenispark geleë met die Umzimkulurivier-waterval aan die een kant en blou berge aan die anderkant. Verblyf word gebied in 'n lieflike selfsorgkothuis en 'n klein tuinkamer, en albei kombineer 'n luukse en plattelandse leefstyl. Daar is 'n rits buitemuurse aktiwiteite.
The Birches Cottage bied slaapplek aan 2 volwassenes. Die leefarea het 'n kombuisie met 'n yskas, vierplaatstoof met 'n suigwaaier, mikrogolfoond, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n gaskaggel, paneelverwarmers en elektriese komberse vir die koue winteraande. Die vloere is met sagte matte bedek. Daar is ook 'n TV met Openview.
Die slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed. Dit het 'n volledige en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n dubbelwasbak-eenheid.
Die Willows Deluxe Garden Room is ideaal vir 2 volwassenes wat op soek is na 'n romantiese wegbreek. Die Willows is 'n gunsteling-eenheid onder wittebroodpaartjies. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n aparte bad en stort. Die Willows Garden Room het 'n stoep wat na die tuin lei. Daar is 'n braai. Die eenheid is nie vir selfsorg toegerus nie maar daar is 'n yskas, mikrogolfoond en 'n spasie om drankies voor te berei. Daar is ook 'n TV.
Albei eenheide het 'n tuinuitsig en privaat parkeerplek.
Die eenhede is op 'n pragtige 6 hektaar-landgoed, 4 km buite Underberg geleë en gaste word aangemoedig om van al die geriewe wat beskikbaar is gebruik te maak. Daar is 2 km-lang voetpaadjies wat na die Umzimkulurivier lei met dekke en piekniekplekke wat pragtige uitsigte op die omliggende berge en oor die riviervallei bied.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Huck Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Scotstonstraat 19, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Birches Cottage & Willows Garden Room het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Scotstonstraat 19, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang