Bird Haven Guest House
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunrise-rylaan, Bird Haven Farms, 30 km vanaf Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap
- Vanaf R500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bird Haven Guest House is aan die Ooskus, tussen Oos-Londen en Chintsa (Cintsa), en naby winkels, restaurante en pragtige strande geleë. Die smaakvolle gastehuis skuil op 'n kleinhoewe, net 1 km van Crossways Village Centre af.
Robin Kamer beskik oor 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea met 'n slaapbank vir kinders. Die gastehuisslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met baie kasruimte. Die en suite-badkamer het 'n stort. Daar is 'n buitebraai-area met sitplek. Die eenheid het 'n ongelooflike uitsig oor die pragtige weivelde en die Indiese Oseaan is in agtergrond.
Eagles Nest bied slaapplek aan 'n gesin van 3. Die oopplan-leefarea het 'n koninggrootte-bed en 'n slaapbank vir 'n kind. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n volledige kombuis en ruim leefareas. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, ketel en broodrooster in. Daar is ook 'n privaat braai-area buite.
Swans Suit het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word indien nodig, asook 'n kombuisie en en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het ook 'n onderdakstoep met sitplek.
Gaste kan die rustige plaaslewe geniet, na die dam wandel of voëlkyk op die plaas.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Conor Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Sunrise-rylaan, Bird Haven Farms, 30 km vanaf Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap
- Gaste dink Bird Haven Guest House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sunrise-rylaan, Bird Haven Farms, 30 km vanaf Oos-Londen, 5201, Oos-Kaap