Bitou Place
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 persone
- Geen kinders onder 17
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bitou Place 486, Brenton on Sea, Knysna, 6572, Wes-Kaap
-
Vanaf
R990R891 per nag, vir 3 mense
Beskrywing
Bitou Place is in 'n rustige doodloopstraat in Brenton on Sea. Dit is 'n gerieflike selfsorgeenheid en is net 16 km van Knysna af. Die sonkragaangedrewe vakansiewoonstel word deur olyfbome omring en daar is 'n tuintafel en bankies. Bitou Place is naby 'n geriefswinkel, deli en koffiewinkel en daar is 2 restaurante stapafstand van die eenheid af.
Die eenslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 3 gaste en dit het 1 badkamer, 'n kombuisie en 'n stoeparea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaat-gasstoof, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Gaste kan maaltye by die etenstafel met 4 stoele nuttig. Daar is ook 2 gemakstoele en 'n slim-TV met 'n DStv-dekodeerder. Gaste kan die vakansie-opsie gebruik om hul eie DStv-dekodeerder-besonderhede oor te skuif tydens verblyf. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die stoep het buitesitplek en gaste kan ook maaltye op die stoep nuttig. Gasbraaigeriewe is op die stoep beskikbaar en gaste kan in die tuin met hout braai.
Bitou Place is in 'n vriendelike en veilige buurt in Brenton on Sea en gaste kan bosbokkies vrylik sien rondloop. Daar is ook 'n mooi see-uitsig, veral vanaf die bekende Fisherman's Trail wat net oorkant die pad is. Aktiwiteite in die omgewing sluit voetslaan, swem, voëlkyk, fietsry en visvang in. Die verblyf is stapafstand vanaf verskeie strande insluitend 'n 5 km-lange strook wat na Buffelsbaai lei.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Rainer Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Bitou Place 486, Brenton on Sea, Knysna, 6572, Wes-Kaap
- Gaste dink Bitou Place het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 3 mense
- Geen kinders onder 17
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bitou Place 486, Brenton on Sea, Knysna, 6572, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang