Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bitou Rivier Lodge

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R340, Wittedrifpad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Bitou River Lodge is in Plettenbergbaai, 'n kusdorp langs die Tuinroete geleë. Die dorpie is bekend vir die avontuur en verskeidenheid aktiwiteite wat hier te vinde is, wat valskermspring, walviskyk, branderplankry, kajak, diepsee-visvang, reksprong en nog vele meer insluit. Dit is die perfekte ligging vir reisigers wat op soek is na 'n wegbreekplekkie ver van die stad se gedruis.

Al die kamers het uitsigte oor die tuin in die rigting van die rivier. Elke kamer het sy eie ingang en sy eie en suite-badkamer met ondervloerse verhitting en 'n waaier. Die kamers het 'n TV en 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolf, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware. Elke kamer het braaigeriewe wat verskuif kan word tot in die tuin of langs die rivier.

Die gaste-sitkamer en ontbytkamer het kaggels en ondervloerse verhitting vir die vroeë oggende en winteraande. In die somer bly die skuifdeure oop en die reuk van kanferfoelie meng met die aroma van ontbytkoffie. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar.

Kano's is vryelik beskikbaar vir gaste, dis 'n ander manier om voëls te kyk. Daar is ook waterskilpaaie en otters in die rivier. Daar is 'n eko-wandelpad rondom die plaas, met inheemse bome wat gemerk is vir diegene wat gretig is om hulle te identifiseer en 'n verskeidenheid voëls om te sien, van die elegante bloukraanvoël tot die heel klein wewervoël; van die Knysnaloerie tot die Afrika hoep-hoep.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Kerry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Langs die R340, Wittedrifpad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bitou Rivier Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R340, Wittedrifpad, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e705a9ef43ab6b124b0fa41db952d1cd3c94d19805ab83664f492d02ea30f5c015c0eb7d81db64862a85205e5ccbb46ca7c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 off R340 Wittedrif Road 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.003728647274 23.348232507706

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang