Blaaskansie
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5de Straat 17, Kleinzee, 8282, Noord-Kaap
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Blaaskansie is 'n selfsorg-vakansiehuis in die ouwêreldse kusdorpie, Kleinzee, in die Namakwaland-streek. Dié dorp bied 'n rustige oord vir gaste wat 'n rustige kuswegbreek soek.
Die 36,9 km lange grondpad vanaf Kommagas tot in Kleinzee is wat die dorp so uniek en stil maak. 'n Dorpie heel op sy eie aan die Namakwalandse kus.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers met 'n aparte badkamer en toilet en het slaapplek vir 7 gaste. Daar is 2 slaapkamers wat elkeen 'n dubbelbed het en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n ekstra enkelbed in die hoofslaapkamer. Die huis se badkamer het 'n bad en 'n stort bokant die bad.
Die kombuis is met 2 yskas-vrieskas, kisvrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser (gaste moet hul eie tablette bring), wasmasjien (gaste moet hul eie wasgoedseep en versagter bring) en 'n tuimeldroër toegerus. Die huis het 'n TV met die volle DStv-pakket, 'n braai-area en parkeerplek op die perseel. Daar is ook 'n pooltafel (vra die opsigter vir die stokke) en 'n veerpyltjiebord (gaste moet hul eie pyltjies saambring).
Gaste kan aktiwiteite geniet soos gholf, voëlkyk, skeepswraktoere, visvang, swem, langs die kuslyn stap, voetslaan en 4x4-roetes geniet. Let ook op dat die toegangs pad na die strand grondpad is, maar begaanbaar met 'n normale voertuig.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Lydia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 5de Straat 17, Kleinzee, 8282, Noord-Kaap
- Gaste dink Blaaskansie het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kleinsee Namakwaland Noord-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5de Straat 17, Kleinzee, 8282, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang