Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blaauwater Farm Garden Cottage

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Liesl Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 75

Op LekkeSlaap 8 jaar

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 32 resensies vir Blaauwater Farm Garden Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5
Hannelie K - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannelie K

Rustigheid van self, lekker plaas effek en puik kamer met badkamer.

Vreeslik lekker, salig vrede en stilte!

Rene S - Mei 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rene S

Mooiste plaas en gerieflike akkommodasie.

Baie mooi, smaakvolle eenheid. Heerlik geslaap en gebly op mooiste plaas. Vir ons wat moet selfsorg weens kosallergieë, sou ons graag net beter kookgeriewe wou gehad het. 'n Uitstekende gasvrou en het deurentyd gekommunikeer.

Reginald B - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Reginald B

Lieflike tuinwoonstel op 'n mooi plaas, heerlik gebraai ook.

Ons het fantasties lekker gebly. Dit is 'n baie mooi en netjiese woonstel en dit was lekker om uit die gewoel van die dorpe en stede te kom soos ons afgery het vir vakansie by die see. Alhoewel ons vroegoggend weer in die pad geval het en dus nie laat wou uitteken nie, sal dit dalk wel lekker wees om later as 09:15 uit te teken sou ons eers bietjie wou gaan stap en ontbyt maak op die plaas.

Christo V - Mei 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christo V

Oornag kuier - egpaar.

Heerlike oornag kuier! Alles wat nodig was. Kon ook lekker draai in die veld stap.

Wem B - Jul 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Wem B

Interessant, ysig koud, avontuurlik en aangenaam.

Die hartlikheid en gasvryheid van die Karoo omarm en verwelkom jou so tussen die berge en op die verblyf beleef 'n mens die plaasatmosfeer en snags die grootheid van die heelal as jy na haar sterreprag kyk. 'n Gasvrou wat bekend is met die plaaslewe en ook weer tydens die tyd van die jaar met snerpende winde. Haar advies om op Graaff-Reinet so 4 x sakkies kaggelhout aan te koop was 'n lewensaar toe die ysweer op ons toesak. Dankie ook vir 'n gasverwarmer en die klein elektriese verwarmer vir die meisiekind se kamer. 'n Dagbesoekie aan Nieu-Bethesda, nie te ver van die verblyf af nie, was baie interessant en aangenaam. Dit is 'n GROOT plaashuis en alles wat nodig is, is daar om 'n kuiertjie die moeite werd te maak in alle privaatheid. Net die beskikbaarheid van DStv KYKnet Kanaal 144 sou die koue nog meer draagliker gemaak het en JA, soos vroulief dit stel; "Sonder aircon kan daar in elektriese komberse vir die winter beleef word". Sy verkoop haar eie sakkies hout wat sal help as 'n mens uit hout uithardloop, maar ek stel voor 'n gratis sakkie vir 'n braai word voorsien met blitz en vuurhoutjies. Daar is ook beskuit te koop indien u nie self voorsien het nie, en sy sien toe dat daar 'n beginnersmelkie is en koue skoon drinkwater in die yskas. Baie dankie vir alles en die voorreg om vir 2 aande te kon oornag, al het die winterweer ons uithouvermoë getoets.

Blaauwater Farm Garden Cottage se terugvoer

It should be noted that the above review relates to the Glen Cottage and not Blaauwater Garden Cottage. We will attend to your concerns.

Blaauwater Farm Garden Cottage
Evert S - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Evert S

Rustigheid tussen die berge.

Na 'n lang ry was hierdie gasteplaas die spreukwoordelike oase in die woestyn. Netjies, skoon en warm. Liesl het ons vriendelik verwelkom en ons het gevoel asof ons haar al jare ken. Die geriewe was meer as voldoende, die stortwater warm en die WiFi was puik. Mens wil eintlik nog 'n paar dae bly want die omgewing slaan mens se asem weg.

Nikita H - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nikita H

Wonderlike plekkie met asemrowende uitsig en atmosfeer.

Baie netjies en skoon. Eienaars en persone wat daar werk is baie behulpsaam en sal uit hul pad gaan om te help waar hul kan. Ons sal beslis weer daar oorbly!

Marleen T - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marleen T

A wonderful experience out on the farm.

Wonderful experience out on a sheep farm with fresh air, beautiful scenery, and excellent facilities. Very friendly and helpful hostess.

Karien J - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karien J

The best!

Beautiful farm. Lovely accommodation. Very friendly hostess and had great food. Excellent value for money!

Adele M - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adele M

Heerlike oornagplek op skaapplaas.

Ons het heerlik gekuier op die plaas. Dit was doodstil en rustig en die eienaars is baie vriendelik. Die eenheid is pragtig en goed toegerus met 'n ruim badkamer. Klein gasstofie vir beurtkrag. Die plaas is 'n entjie vanaf die hoofpad geleë, maar die paar ekstra kilometers is die moeite werd.

Werner O - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner O

Puik.

Baie netjies en skoon. Fantastiese plaasverblyf.

Thys D - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Thys D

Baie rustige en mooi omgewing.

Ons kan dit aanbeveel as jy van 'n plaas hou. Pragtige omgewing en baie rustig.

Thea N - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thea N

Heerlike Plaaskuier.

Ons het een nag oorgeslaap. Lieflike plaas en eenheid baie goed ingerig. Pragtige dekor! Eienaars baie gasvry en vriendelik. Ons sal verseker weer daar oornag.

Charné C - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charné C

Heerlike oornag plekkie.

Ons het baie lekker gebly. Dit was vir ons net 'n oornag stop maar was so lekker stil op die plaas. Alles was skoon en netjies en die bad was 'n wenner met 'n klein baba. Dit gee mens 'n voorsprong om daar te bly want dis 'n gele paar kilos uit Graaff-Reinet uit so dit het gehelp. Ons sal weer daar draai.

Amy S - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Amy S

Just what we needed.

This was the perfect overnight stop on our way from the Western Cape across to the Wild Coast. It was a cold winter night and we were super cosy in the garden cottage enjoying a wonderful restful night before hitting the road again the next day.

Mari N - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mari N

Luukse, rustige huisvesting, omring deur pragtige berge.

Smaakvol toegerus met alles wat mens nodig het. Vir ons oorslaap gedurende 'n lang rys, was dit rustig, beeldskoon tussen die berge en interessant om 'n suksevolle skaapboerdery van nader te beskou. Dis ons tweede besoek en ons sal weer so maak!

Gerhardt S - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhardt S

Baie aangename ervaring.

Vriendelike ontvangs en baie netjiese goed beplande eenheid.

Michelle B - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
2/5
Ligging
1/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Michelle B

Pragtige plaas maar net te ver uit Graaf-Reinet.

Dis is 'n absolute pragtige plek maar ons het nie besef dit is geleë so ongeveer 50 km voor Graaff-Reinet nie, so het daar aangekom met geen kos om te maak en eet nie, want ons het gedink ons sal net "gou-gou" dorp toe gaan om goedjies te koop. Dit was toe 'n groot swaai, 40 min. se ry GR toe en 40 minute terug. Daar is 'n stukkie grondpad wat baie lank gevoel het, veral met kinders en 'n klein babatjie. Die eenheid self was pragtig, maar omdat die eienaars nie daar was nie het ons nie geweet waar om te gaan en moes mense soek om ons te help. Die werkers het vir ons braaihout gebring, maar daar was geen Blitz om die vuur aan te steek nie. Dit was ook baie koud - waarvoor ons nie voorbereid was nie!

Susan V - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan V

Great place to stay.

Extremely hospitable host. Enjoyed our stay. Peaceful and quiet.

Retha K - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Retha K

Bederf op rustige plaas.

Ons het heerlik ontspan in ons kothuis. Alles was kraaknetjies en smaakvol. Uitstekende kommunikasie en sorg van Liesl, ons gasvrou.

Mari N - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mari N

Ruim, skoon, gasvry en alles wat die oornagverblyf genotvol kon maak.

Bevoorreg om die werking van 'n suksesvolle onderneming van naderby te kon besigtig, met al sy uitdagings!

Peter H - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Peter H

I will return.

Go up the mountain and see sunset.

Reinhardt G - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Reinhardt G

Die stilte van die Karoo.

Besonderse mooi, outydse huis met interessante geskiedenis. Kan nie dink dat niemand daar gebly het vir 80 jaar voor dit gerestoureer is nie. Die kombinasie van moderne badkamers met die antieke boustyl werk baie goed. Huis is uitstekend toegerus met alles, insluitend 'n wasmasjien en skottelgoedwasmasjien. Ons het 'n baie lekker tyd gehad en ek sal maklik vir meer as een aand hier kan bly.

Suzette L - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Suzette L

Defnitief aan te beveel.

Vreeslik lekker alles skoon en netjies en Liesl is baie behulpsaam met alles!

Anneke D - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anneke D

Baie stil en ontspannend. Wonderlike aandsterre gehad met skaap geluide in die agtergrond. Baie vriendelike ontvangs.

Siels en kop ontspannend. Fantasties!

Zendre S - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zendre S

Ongelooflike gasvrou.

Gasvrou het uit haar pad gegaan om ons gemaklik te maak. Ons sal vir seker weer gaan.

Annelie V - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelie V

Oud en modern ontmoet in die Karoo.

Hierdie gerestoureerde Karoo-plaashuis met sy geelhout-vloere en -plafonne is vyfster-verblyf. Die huis is netjies, báie netjies en skoon. Die dekor is keurig en smaakvol met kraakwitlinne. 'n Elektriese kombers en warmwatersakke vir die koue aande is 'n lekker bederf. Die huis het alles wat jy nodig het. Jy sal nie 'n fout maak om hier te bespreek nie.

Pieter J - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter J

Pragtige omgewing, vriendelike ontvangs, baie netjies.

By aankoms is ons vriendelik ontvang, gastekamer is pragtig en baie netjies. Omgewing is baie mooi en sal Blaauwater Farm Guest House definitief aanbeveel.

Koos B - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Koos B

Baie lekker op Karooplaas.

Liesl het meer moeite gedoen as wat nodig was!

Tobie L - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Tobie L

Ontspanne. Ons het heerlik geslaap.

Kraakskoon linne, behulpsame, en vriendelike eienaars.

Edith D - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Edith D

Ongelooflike plek om te bly! Ons was so gelukkig om daar te kon bly!

Die mooiste plekkie!

Elmarie M - Des 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elmarie M

Heerlike plaasvervanger.

Baie netjies en ons het heerlik uitgerus! Dankie vir al julle gasvryheid Liezl.

Blaauwater Farm Garden Cottage se terugvoer

Dankie Elmarie, Dit was heerlik om julle hier te kon hê. Geseënde Kersfees.

Blaauwater Farm Garden Cottage
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Blaauwater Farms, Blaauwater Farms, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb84a4ee1aa1fc2163440286affaf33ac3acea0d342790992c1e867731c3f599e67645157e02ddb8bf84dac79168e2afc7141?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense 32 5 1 5 Blaauwater Farms Blaauwater Farms 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -31.81408135691 24.800175980249

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang