Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blaauwater Farm Garden Cottage

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Hannelie K
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Rustigheid van self, lekker plaas effek en puik kamer met badkamer. Vreeslik lekker, salig vrede en stilte!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rene S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Mooiste plaas en gerieflike akkommodasie. Baie mooi, smaakvolle eenheid. Heerlik geslaap en gebly op mooiste plaas. Vir ons wat moet selfsorg weens kosallergieë, sou ons graag net beter kookgeriewe wou gehad het. 'n Uitstekende gasvrou en het deurentyd gekommunikeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Reginald B
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Lieflike tuinwoonstel op 'n mooi plaas, heerlik gebraai ook. Ons het fantasties lekker gebly. Dit is 'n baie mooi en netjiese woonstel en dit was lekker om uit die gewoel van die dorpe en stede te kom soos ons afgery het vir vakansie by die see. Alhoewel ons vroegoggend weer in die pad geval het en dus nie laat wou uitteken nie, sal dit dalk wel lekker wees om later as 09:15 uit te teken sou ons eers bietjie wou gaan stap en ontbyt maak op die plaas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christo V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2024

Oornag kuier - egpaar. Heerlike oornag kuier! Alles wat nodig was. Kon ook lekker draai in die veld stap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wem B
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Jul 2024

Interessant, ysig koud, avontuurlik en aangenaam. Die hartlikheid en gasvryheid van die Karoo omarm en verwelkom jou so tussen die berge en op die verblyf beleef 'n mens die plaasatmosfeer en snags die grootheid van die heelal as jy na haar sterreprag kyk. 'n Gasvrou wat bekend is met die plaaslewe en ook weer tydens die tyd van die jaar met snerpende winde. Haar advies om op Graaff-Reinet so 4 x sakkies kaggelhout aan te koop was 'n lewensaar toe die ysweer op ons toesak. Dankie ook vir 'n gasverwarmer en die klein elektriese verwarmer vir die meisiekind se kamer. 'n Dagbesoekie aan Nieu-Bethesda, nie te ver van die verblyf af nie, was baie interessant en aangenaam. Dit is 'n GROOT plaashuis en alles wat nodig is, is daar om 'n kuiertjie die moeite werd te maak in alle privaatheid. Net die beskikbaarheid van DStv KYKnet Kanaal 144 sou die koue nog meer draagliker gemaak het en JA, soos vroulief dit stel; "Sonder aircon kan daar in elektriese komberse vir die winter beleef word". Sy verkoop haar eie sakkies hout wat sal help as 'n mens uit hout uithardloop, maar ek stel voor 'n gratis sakkie vir 'n braai word voorsien met blitz en vuurhoutjies. Daar is ook beskuit te koop indien u nie self voorsien het nie, en sy sien toe dat daar 'n beginnersmelkie is en koue skoon drinkwater in die yskas. Baie dankie vir alles en die voorreg om vir 2 aande te kon oornag, al het die winterweer ons uithouvermoë getoets.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Liesl
Blaauwater Farm Garden Cottage
It should be noted that the above review relates to the Glen Cottage and not Blaauwater Garden Cottage. We will attend to your concerns.

Evert S
1 nag Besigheidsreis
5.0
Jul 2023

Rustigheid tussen die berge. Na 'n lang ry was hierdie gasteplaas die spreukwoordelike oase in die woestyn. Netjies, skoon en warm. Liesl het ons vriendelik verwelkom en ons het gevoel asof ons haar al jare ken. Die geriewe was meer as voldoende, die stortwater warm en die WiFi was puik. Mens wil eintlik nog 'n paar dae bly want die omgewing slaan mens se asem weg.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nikita H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Wonderlike plekkie met asemrowende uitsig en atmosfeer. Baie netjies en skoon. Eienaars en persone wat daar werk is baie behulpsaam en sal uit hul pad gaan om te help waar hul kan. Ons sal beslis weer daar oorbly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marleen T
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2023

A wonderful experience out on the farm. Wonderful experience out on a sheep farm with fresh air, beautiful scenery, and excellent facilities. Very friendly and helpful hostess.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karien J
1 nag
5.0
Mrt 2023

The best! Beautiful farm. Lovely accommodation. Very friendly hostess and had great food. Excellent value for money!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adele M
1 nag Gesin met tieners
4.8
Apr 2023

Heerlike oornagplek op skaapplaas. Ons het heerlik gekuier op die plaas. Dit was doodstil en rustig en die eienaars is baie vriendelik. Die eenheid is pragtig en goed toegerus met 'n ruim badkamer. Klein gasstofie vir beurtkrag. Die plaas is 'n entjie vanaf die hoofpad geleë, maar die paar ekstra kilometers is die moeite werd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Liesl Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 75

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Blaauwater Farms, Blaauwater Farms, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb84a4ee1aa1fc2163440286affaf33ac3acea0d342790992c1e867731c3f599e67645157e02ddb8bf84dac79168e2afc7141?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense 32 5 1 5 Blaauwater Farms Blaauwater Farms 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -31.81408135691 24.800175980249

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang