Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Black Horse Estate

Gastehuis
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zeekoeihoek-weg 32, Black Horse Brouery en Restaurant, Magaliesburg, 1739, Gauteng
  • Vanaf R1 625 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Black Horse Estate is op 'n privaat landgoed in Magaliesburg wat boetiekbier brou en gin distilleer. Hierdie instansie is ideaal vir 'n gerieflike wegbreek en kan vir troues, konferensies of enige ander spesiale funksie bespreek word. Black Horse Estate is 'n werkende plaas met friesperde, bandombeeste en 'n paar hoenders.

Die verblyf beskik oor 7 individueel versierde suites en 'n hoofhuis. Elke suite en kothuis het slaapplek vir 2 gaste met 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n yskassie, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. Die Black Horse View Manor kan aan tot 10 gaste slaapplek bied en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n goed-toegeruste kombuis, asook 'n sitarea met 'n kaggel. Hierdie huis sluit ook 'n swembad en braaigeriewe in.

Gaste kan ontbyt en ander smullekker maaltye by die restaurant op die perseel bestel. Die Sables Cafe is oop van Maandag tot Donderdag en die Black Horse Restaurant is oop van Vrydag tot Sondag. Die landgoed spog met 'n goed-toegeruste onthaalsaal vir troues en konferensies met spyseniering ingesluit. Daar is ook 'n bierproe-kamer en gaste kan toere oor die brouery en distilleerdery bespreek.

Gaste is welkom om in die tuine onder die pekanneutbome te ontspan of 'n rustige wandel in die weilande te neem waar friesperde wei.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Wynkelder

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Daphney M
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing and worth it. Our stay was amazing and worth the cost. We loved every moment and will definitely be back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Garth S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustige bestemming. Asemrowende natuurskoon. Puik bestemming. Sal weer gaan.
Jan 2024
Madelie H
Saam met lewensmaat
4.6
Heerlike atmosfeer en puik diens. Ons het die fasiliteite en die atmosfeer baie geniet. Sal weer gaan. Dis een van ons gunstelingbestemmings.
Mei 2023
Gilbert G
Gesin met klein kinders
4.2
Wonderful setting and very welcoming staff - good food fare - rooms need TLC. Rooms are nice but can improve on housekeeping, provide s...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2023
Debrah M
Saam met vriende
4.0
It was very relaxed. I can recommend it as it is a beautiful, relaxing place that can be visited by all, young and old, as it offers th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ash Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Zeekoeihoek-weg 32, Black Horse Brouery en Restaurant, Magaliesburg, 1739, Gauteng
  • Gaste dink Black Horse Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 625
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 625
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zeekoeihoek-weg 32, Black Horse Brouery en Restaurant, Magaliesburg, 1739, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc4b26dd3756c9366f26d32de126c6a2e7e5f56a546640548e5de49f1d32d5a0c138fc0606140c2079b6dbbe4b882ab1f303e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 625 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 32 Zeekoeihoek Road Black Horse Brewery and Restaurant 1739 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.953279648678 27.537158152115

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang