Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blesfontein Guest farm

Wildsplaas

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 88 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Nicolize D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Aug 2024

Was wonderlik om weer met moeder aarde te konnekteer. Dit was sielsalig gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riekie W
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

As jy wil wegbreek en rus in gemak - besoek Blesfontein! Ek het 'n besondere nat naweek gekies vir my besoek aan Blesfontein, maar dit was nog steeds 'n spesiale ervaring. Nicol en Marina is uitstekende gashere. Die hele area was sonder krag vir ongeveer 24 uur, maar steeds het hulle moeite gedoen om te sorg dat die WiFi aan die gang bly, dat gaste nodige toerusting kan laai, dat almal gastoerusting en lig het en dat almal gemaklik is. Kaggels sorg vir hitte en verder is daar die ongelooflike rustigheid, veiligheid, natuurskoon en vir die energiekes, verskillende aktiwiteite.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Hallo Riekie Dankie vir jou lieflike gesindheid te midde van die kragonderbreking. Kom gerus weer!

Anneke V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Asemrowend. Ongelooflike ervaring. Eienaars is geweldig gasvry. Ideale wegbreek as jy stilte in die natuur soek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Hallo Anneke Ek besef nou eers 'n mens kan op resensies antwoord. Baie baie dankie - ons sien julle graag weer!

Maryna S
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Asemrowend. Uitstekende verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Hallo Maryna Baie dankie dat julle ons plaas ondersteun het. Beste wense vir julle en kom asb. weer kuier. Groete Marina

David H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Was 'n hoogtepunt van ons vakansie. Blesfontein Guest farm is pragtig, die verblyf is skoon, gemaklik, goed toegerus en die gasvryheid van die gasheer en gasvrou, Marina en Nicol, is uiters aangenaam. Sonsondergang by die platorand uitsigpunt is 'n moet. Ons het ook lekker in die plaasdammetjie geswem. Sal baie graag in die wintertyd wil teruggaan om sterre te kyk.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Ons hoop ons sien julle gou weer! Kom in die lente, dan sien julle hoe pragtig ons veldblomme is.

Tessa A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2024

Great stay. Great hosts, good food and gratis stargazing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annelou V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Jul 2024

Gesin wegbreek met ons 4-jarige. 'Rustic' plaas kuier in 'n asemrowende mooi plek.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Hallo Annelou Dankie vir jou review. Ons hoop ons sien julle weer! Beste wense Marina

Julinda V
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Mrt 2024

Baie mooi uitsig by die Escarpment. Die badkamer van huisie nr 5 ruik nie lekker nie. Kyk na die afvloei van die water. R160 vir 'n tjop en skyfies is baie te duur.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Hallo Julinda Ek sien nou eers jou review. Ons het intussen die probleem by eenheid 5 se badkamer gevind en uitgesorteer - baie dankie dat jy dit ook genoem het. Jy het my laat skrik met die nota dat die chops te duur is. Ons porsie chops weeg rou 350 g. Ek het gaan kyk wat 'n mens by Spur vir lam chops betaal: 200 g porsie kos R 141.90 400g porsie kos R 208.90 Ons moes ons lam chops en chips prys selfs nou op stoot tot R 170 per porsie. Dis eenvoudig wat dit moet kos om aan ons uitgawe kant tred te hou met inflasie. Ek besef dis duur, maar alles is so duur deesdae. Dankie in elk geval dat jy my op my tone hou. Dit het my laat seker maak. Beste wense Ons hoop ons sien julle weer. Groete en alles van die beste Marina

Welmarie L
1 nag
5.0
Jul 2023

Presies wat nodig is om uit die besige lewe van die Kaap te kom. Was so lekker rustig, skoon lug en mense is so vriendik en behulpsaam. Ek en my pa sal definitief weer daarna gaan en langer bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Hallo, Welmarie Dis amper lente! So, middel tot einde Sept, verwag ons die mooiste mooiste veld blomme. Tys om weer te kom kuier!

Francois J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2023

Uitstekend. Ons het 'n heerlike tyd op die plaas deurgebring. Dit is ongelooflik mooi op die plaas. Die gasheer en gasvrou het uit hulle pad gegaan om ons te leer wat op hulle plaas gebeur en niks was te veel moeite vir hulle nie. Gaan kyk gerus sterre op hierdie plaas, Nicol kan lekker stories vertel en deel graag sy kennis oor die sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Blesfontein Guest farm
Hallo Francois Dis amper lente! Kom kyk so middel September hoe mooi kan die Roggeveld se veld blomme raak as ons soveel winter reëns gehad het. Beste wense vir julle!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 88

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 35 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blesfontein Guest Farm, Bo Vis-weg, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNGNiNjZmLWVjN2UtNGQ4NS04ODU5LTM1MjAxYzIyZWZlMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 88 5 1 5 Blesfontein Guest Farm Bo Vis Road 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -32.468111 20.436192

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang