Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blesfontein Guest farm

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 35 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blesfontein Guest Farm, Bo Vis-weg, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Blesfontein Guest Farm is net 28 km van Sutherland af bo op die platorand van die Roggeveldberge. Blesfontein Guest Farm bied saal-safari's, wildritte, 'n plaasdam om in te swem, soms sneeu in die winter en blomme soos Namakwaland in die lente.

Die gasteplaas bied verblyf in 10 unieke selfsorg-eenhede wat eens ou geboue op die plaas was. Die klipeenhede is almal baie basies, maar bied die nodige geriewe vir selfsorg. Van die eenhede het gemeenskaplike kombuise. Elke eenheid het sy eie badkamer en die meeste van hulle het kaggels of 'n braaiplek buite. Die eenhede is volgens individuele reisigers se behoeftes aangepas.

Aandetes en ontbyt kan vooraf gereël word. Snags kan gaste gaan sterrekyk in die armatuur-sterrewag. Bedags kan gaste die plaas vrylik verken en geniet. Gaste kan in hul eie 4x4 ry of die gasteplaas s'n vir 'n rit na die uitkykpunt op die platorand huur. Só kan gaste blesbokke, sebras, springbokke, grysribbokke, steenbokke en swartwildebeeste sien, om nie eers te praat van die meerkatfamilie, die skilpaaie, die muishonde en verskeie voëlspesies nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 88 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nicolize D
Gesin met tieners
5.0
Was wonderlik om weer met moeder aarde te konnekteer. Dit was sielsalig gewees.
Aug 2024
Riekie W
5.0
As jy wil wegbreek en rus in gemak - besoek Blesfontein! Ek het 'n besondere nat naweek gekies vir my besoek aan Blesfontein, maar dit was nog steeds ...
Sien meer
Aug 2024
Anneke V
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. Ongelooflike ervaring. Eienaars is geweldig gasvry. Ideale wegbreek as jy stilte in die natuur soek.
Mrt 2024
Maryna S
Gesin met klein kinders
5.0
Asemrowend. Uitstekende verblyf.
Jan 2024
David H
Saam met lewensmaat
5.0
Was 'n hoogtepunt van ons vakansie. Blesfontein Guest farm is pragtig, die verblyf is skoon, gemaklik, goed toegerus en die gasvryheid van die gasheer...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 88

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Blesfontein Guest Farm, Bo Vis-weg, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Blesfontein Guest farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tankwa Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 35 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Blesfontein Guest Farm, Bo Vis-weg, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNGNiNjZmLWVjN2UtNGQ4NS04ODU5LTM1MjAxYzIyZWZlMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 88 5 1 5 Blesfontein Guest Farm Bo Vis Road 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -32.468111 20.436192

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang