Die huis het 'n heerlike, ontspanne atmosfeer ─ groot potensiaal.
Daar was 'n paar goed wat my nie beïndruk het nie. Ek het nie geweet wie die agent was nie en het teen Saterdag die eienaar gekontak, sy is die agent. Sy was nie beïndruk nie en ek nog minder (ek was self 'n agent, plase, huise verkoop en selfs verhurings soos langtermyn en vakansie gedoen. Glo my, ek wéét wat 'n suksesvolle agent is en wat gedoen moet word. ) Die huis, badkamers veral, was vuil, beddens lyk of daar reeds in geslaap is, nie genoeg toiletpapier nie, 'n dag s'n het gekort, cappuccino-sakkie (met koffie in) uit drom gehaal en vir ons reggesit (ek het dit weer weggesmyt), vriende van my was daar, toevallig is hul familie eers Sondagoggend 11:00 uit daardie spesifieke huis uit, ons was net na half 3 daar, glo my die huis is nie skoon gemaak nie, onmoontlik om al daardie beddegoed te was, stryk, oor te trek tot half 3, moddervoetspore vanaf ingang tot by kamers. Ek was self 'n agent, ek wéét hoe verhurings werk. Ek voel dit was regtig swak organisasie, koördinering en samewerking. Te veel moeite vir agent om iets wat agtergebly het, in die hoofstraat van Witsand af te gee. Dit alles het my op my tande laat kners. Ek het foto's van die vuilheid geneem, veral die badkamers, dis nie skoongemaak nie. Die huis leen hom tot ongelooflike potensiaal, maar dit word uiters swak bemark en hanteer. Selfs die gras en agterplaas lyk vieslik. Dit is 'n ruim huis, met die meeste goed in wat 'n mens sou nodig kry. Dit kan fantastiese vakansieverblyf, teen 'n heelwat hoër tarief wees, maar dan moet die onderskeie rolspelers hul werk beter doen.
See more