Blessings
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 6 persone
2 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arikreukelstraat 21, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R700R560 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Blessings is 'n knus selfsorg-tuinkothuis vir 5 gaste (2 volwassenes en 3 kinders) in Pearly Beach, net 400m van die strand af.
Die kothuis is op die eienaar se perseel geleë en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n oopplan kombuis en leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed, en die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is nog 'n enkelslaapbank in die leefarea. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die toonbank of buite-etenstafel geniet word. Daar is 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, maar gaste moet hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring. Daar is geen kragopwekker nie, maar noodligte is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep. Veilige parkeerplek word voorsien en die erf is heeltemal omhein.
Blessings is naby verskeie winkels en restaurante geleë. Pearly Beach word deur fynbos omring, wat die tuiste van 'n oorvloed voëls en klein bokke is, en die area bied swem, visvang, walviskyk tydens seisoentyd, haaihokduik en 'n rits stap- en voetslaanroetes om te verken.
Let asb. dat indien volwassenes wil deel, is daar slegs privaatheid vir 2 gaste aangesien die slaapbank in die leefarea is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderstapelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Liezl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Arikreukelstraat 21, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Blessings het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pearly Beach Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 6 persone
2 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Arikreukelstraat 21, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang