Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bloem Hart Gastehuis

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schnehage-singel 34, Fichardt Park, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bloem Hart Gastehuis is in Fichardt Park geleë en bied gaste gerieflike verblyf.

Die gastehuis bied gaste 'n keuse om 2 kamers te bespreek met slaapplek vir tussen 2 en 4 mense. Elkeen van die kamers het 'n privaat ingang, en hulle word deur 2 trappe bereik. Die 4-slaapplek Kamer 1 is ingerig met 'n koningingrootte-bed, sowel as 2 enkelbeddens. Hierdie kamer is rolstoelvriendelik. Die 2-slaapplek Kamer 2 is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Gratis Wi-Fi word voorsien.

Elkeen van die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en gerieflikheidshalwe word linne en handdoeke voorsien. Die kamers is toegerus met klein yskaste, mikrogolwe, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Bloem Hart Gastehuis is 500 m vanaf die Life Rosepark Hospitaal, 1,3 km vanaf die Hipermark, en 2 km vanaf die Fleurdal Mall. Bloemfontein bied doendinge soos staproetes, valskermspring, sterrekyk by die Boyden-sterrewag, asook verskeie museums, winkels en restaurante. Gaste kan ook die Vrystaat Nasionale Botaniese Tuin, die Franklin-wildreservaat of die Hamiltonpark besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Schnehage-singel 34, Fichardt Park, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink Bloem Hart Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schnehage-singel 34, Fichardt Park, Bloemfontein, 9300, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5INpYaHl8TEznCurs4r8R1mFfgiai5DhAscL4zTC52mOdovXuI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 20 5 1 5 34 Schnehage Cresent Fichardt Park 9300 Vrystaat 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -29.150300177616 26.174382623348

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang