Blomvlei Garden Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Der Merwe-singel 19, Welgemoed, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Blomvlei Garden Cottage is 'n bekoorlike selfsorgwoonstelletjie met 'n aparte kothuis op die eienaar se perseel in 'n rustige area in Bellville in die noordelike voorstede van Kaapstad. Dit is perfek vir 'n klein gesin of 'n paartjie wat op soek is na 'n goeie basis vanwaar hul die Moederstad kan verken.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes en 1 kind. Dit beskik oor 1 slaapkamer en 'n badkamer. Let asb. dat die eenheid nie geskik is vir 4 volwassenes nie. Die slaapkamer met lugversorging het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel, sitarea met gemaklike sitplek en 'n enkelbed. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n sonnige stoep met buitesitplek en 'n ingeboude braai wat dit die ideale plek vir 'n skemerkelkie maak. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.
Die tuin is omhein en daar is oorgenoeg veilige parkeerplek vir 2 voertuie en 'n sleepwa. Die perseel is troeteldiervriendelik. Let asb. dat die eienaar 3 mediumgrootte Border Collie-kruis honde het. Hulle is goed gemanierd en kom oor die weg met ander honde en katte.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Lizet Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 55
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Van Der Merwe-singel 19, Welgemoed, Bellville, 7530, Wes-Kaap
- Gaste dink Blomvlei Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bellville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Der Merwe-singel 19, Welgemoed, Bellville, 7530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang