Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blouberg Heights 1202

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sir David Baird-rylaan, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Blouberg Heights 1202 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n knus oopplan-woonstel op die 12de verdieping van Blouberg Heights-woonstelblok in Blouberstrand. Die woonstelblok is ideaal oorkant die strand geleë en bied pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan, Tafelberg en Robbeneiland oorkant die baai.

Stap jy langs die strandpaadjie deur die ou dorpie, gaan jy verby 3 bekende restaurante. Een hiervan is Ons Huisie, 'n tradisioneel geboude Weskus-vissershuisie wat nou 'n nasionale monument is.

Die knus woonstel bied slaapplek aan 3 gaste. Die oopplan-kamer wat na die see kyk het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed, asook 'n sitarea. Daar is 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolf. Die woonstel is toegerus met 'n TV met OpenView, en gaste het toegang tot veilige parkeerplek. Braaigeriewe is beskikbaar in die tuinarea op die grondvloer.

Geniet vlieërbranderplankry, seilplankry of swem by die bekende Big Bay Beach, of ontspan net en geniet die uitsig. Vir die gholfspelers is daar 'n keuse tussen 2 bekende gholfbane in die omgewing; Atlantic Beach of Milnerton Gholfbaan. Canal Walk Winkelsentrum is 12,8 km weg.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Christina Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 44

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Sir David Baird-rylaan, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blouberg Heights 1202 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sir David Baird-rylaan, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39a8d4acac6d6964cf601210d56267c57e9dc8c76e90979717bc54d96271007fc8f657a1a2d298c1015cb131d5f72abab0b3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 3 mense 1 5 1 5 Sir David Baird Drive Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.802507247377 18.462697833135

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang