Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bloublasie Struisbaai

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moirastraat 41, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Bloublasie Struisbaai is 'n ruim selfsorgwoonstel met 'n oopplan-uitleg in 'n rustige en stil deel van Struisbaai. Die woonstel is geskik vir 2 volwassenes of 2 volwassenes met 2 kinders onder 13 jaar.

Daar is 15 trappe wat na die oopplan-woonstel lei. Dis nie rolstoel- of dierevriendelik nie. Dié woonstel beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbedslaapbank en 2 enkelstapelbedjies. Die badkamer het net 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring.

Die kombuis is baie goed toegerus met 'n tweeplaatstofie met 'n oondjie, 'n mikrogolfoond, konveksieoond, yskas, 'n vrieskas, 'n tweeplaatgasstofie en 'n etenstafel met 4 stoele. Die leefarea het 'n binnenshuise braai, 'n TV met volle DStv, en bied toegang tot 'n balkon met n panoramiese see-uitsig. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Let daarop dat die woonstel aan die hoofhuis geheg is. Die deur na die huis is gesluit, so gaste sal steeds hul eie privaatheid hê.

Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit Kaap Agulhas, die Quoin Point Vuurtoring, die Kaap Agulhas Vuurtoring Museum en verskeie restaurante in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Koninggrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marita S
Saam met lewensmaat
5.0
Volpunte vir elke moontlike opsig! Wat 'n pragtige plek. Was asemrowend mooi en ten volle toegerus. Pragtige see-uitsig. Die verblyf is ruim en gerief...
Sien meer
Nov 2024
Tony K
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Wonderlike ervaring. Wat 'n aangename verrassing om die eenheid te sien. Die plekkie was so mooi versier en versorg. Alles wat mens nodig sou kry w...
Sien meer
Nov 2024
Koos S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, ontspanne en rustig! Gasvrou het ons baie vriendelik ontvang. Alles was in plek. Mooi uitsig, lekker stil area. Het ons verblyf baie geniet. ...
Sien meer
Sep 2024
Lotitia L
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome stunning plekkie! Baie dankie vir 'n pragtige blyplekkie om na weg te kon glip. Die pragtigste uitsig met 'n patio. Ons het 'n absolute ruskas...
Sien meer
Aug 2024
Corrie V
Saam met lewensmaat
5.0
Gaan definitief weer kuier! Dit was net lekker! Ons het so lekker gerus en die perfekte gashere! Die woonstel was skoon en baie mooi met alles wat jy ...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Irene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Moirastraat 41, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bloublasie Struisbaai het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Moirastraat 41, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU4ODU1ZDRhLWM4MWEtNDZiNi1hZDVlLWUxMmYyYzBhOGJlMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense 50 5 1 5 41 Moira Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -34.81059 20.0265

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang