Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blue Avion

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 28, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Blue Avion is 'n luukse, selfsorgeenheid in St. Helenabaai en is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat uit die stadsgedruis wil ontsnap. Die huis gebruik sonkrag.

Die stylvolle huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3,5 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, klerekaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die aparte badkamer het 'n stort.

Op die boonste verdieping is daar 'n pragtige oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n skottelgoedwasser in die aparte opwaskamer.

Die kombuis lei na die sitarea waar daar gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n mediaboksie met Netflix is. WiFi word voorsien. Etenstafels is in die kombuis en langs die binnebraai-area beskikbaar. 'n Gastetoilet is ook op die boonste verdieping beskikbaar.

Gaste kan die see-uitsig vanaf die boonste verdieping bewonder en die stapeldeure heeltemal oopmaak om die vars seebriesie na binne te nooi.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ruanne N
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful accommodation, peaceful. Peaceful. Awesome tranquility.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Kim R
Saam met vriende
5.0
Magical & peaceful. Accommodation was great and equipped with everything that you may need. Short walk to the beach and lovely views of...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Susan P
Saam met vriende
5.0
Excellent. We had a wonderful 3-night stay. Blue Avion ticks all the boxes.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Natasha M
Saam met vriende
5.0
Beautiful accommodation in the picturesque Shelley Point that has everything you could need. Short walk to the beach, the hotel restaur...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023
Len N
Saam met lewensmaat
4.8
Baie netjiese plek met alles wat nodig is daar. Sou langer wou bly. Sien sterre.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Debbie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Tweedelaan 28, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blue Avion het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 28, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA440fb48cac1f3d78d415d98c6124fa0723b651e86a5f2cadad190313573007db03c271e54b6aa0541fd1c4383cffdeb538b7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 28 2nd Avenue Shelley Point 7382 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.706453855996 17.975493290213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang