Lawrenny @ Blue Crane Farm
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Okt 2024 tot 6 Des 2024.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R540, Blue Crane Plaas, Highlands Meander, 1110, Mpumalanga
-
Vanaf
R2 200R1 760 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lawrenny @ Blue Crane Farm is 'n besonderse kunsvlieghengelbestemming met 2 pragtige en goed gevulde foreldamme. Die groter dam is 9 hektaar groot en het verskeie jetties.
Die oulike kothuis is ideaal vir 'n paartjie en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv.
Die leefarea lei na 'n privaat stoep met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai waar gaste kan ontspan en die uitsig oor die dam kan geniet.
Hierdie bekoorlike venue spog met vrylopende wildspesies soos damherte, springbokke, blesbokke, sebras, hartebeeste en vaalrebokke. Die voëllewe is merkwaardig en daar is verskeie bedreigde spesies, soos die bloukraanvoël en kroonkraanvoëls wat gereeld op die plaas nesmaak. Vir groter groepe het dié plaas 7 ander kothuise wat gaste kan bespreek.
Blue Crane Farm is sowat 17 km vanaf Dullstroom en 20 km vanaf Belfast wat verskeie winkels, restaurante en besienswaardighede bied. Die plaas word deur 'n grondpad bereik en is vir voertuie met 'n lae- of hoë grondvryhoogte geskik.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Karlien Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 196
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Langs die R540, Blue Crane Plaas, Highlands Meander, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Lawrenny @ Blue Crane Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R540, Blue Crane Plaas, Highlands Meander, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang