Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blue Sea Guest House

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vincent-weg 111, Vincent Heights, Oos-Londen, 5247 , Oos-Kaap
  • Vanaf R579 R522 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

Blue Sea Guest House is gerieflik en sentraal geleë in die rustige buurt, Vincent Heights, naby Vincent Park en die Hemmingways Shopping Centre in Oos-Londen. Dis net 2,5 km van Nahoon- en East-strand af.

Verblyf is beskikbaar in 9 privaat selfsorg-eenhede wat elk geskik is vir 2 gaste per kamer.

Ses van die eenhede het 'n goed toegeruste kombuis en die ander 2 het 'n mikrogolf, broodrooster, ketel, yskassie, eetgerei en breekware.

Elke eenheid het 'n privaat badkamer en ander geriewe sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi teen 100Mbps in.

Al die eenhede het toegang tot die tuin en swembad wat braaigeriewe het.

Daar is 'n afstandbeheerhek en veilige parkeerplek op die perseel agter 'n hoë muur, as die binne parkering vol is, wat in uitsonderlike gevalle kan gebeur, is daar buite die perseel parkering .

Ons faktureer per persoon en nie vir die hele gastehuis nie, kinders is welkom en betaal dieselfde tariewe as volwasse gaste.

Blue Sea Guest House bied stil, veilige verblyf. Weens veiligheids en sekuriteits redes laat ons slegs betalende gaste op die perseel toe, geen besoekers word toegelaat nie, geen mans of dames vriende, geen werks kollegas of selfs geen familie word toegelaat nie, selfs nie eens vir kort besoeke nie asseblief.

Geen lawaai , of sosiale funksies word toegelaat nie en van 21:00 af word die swembad, gedeelde sitplekke en braai areas gesluit en tree stiltetyd in.

Die kantoor sluit 9pm maak asseblief reelings waar om u sleutels te ontvang voor 21:00 waarna daar niemand op die perseel is om u te ontvang nie, indien die gastehuis na 21:00 om enige rede gaste moet in-teken is daar 'n R200 uitroep fooi betaalbaar voor gaste ingeteken word en sleutels oorhandig word.

Gaste bespreek selfdiens, etes, kamer diens en skoonmaak dienste is besikbaar, teen adissionele tariewe, pryse op navraag beskikbaar. Bring asseblief u eie voedsel en persoonlike sanitere en verwante items saam.

Linne en storthandoeke word voorsien, bring asseblief u eie swem en strand handoeke. Sodra gaste by die perseel opdaag betaal hulle 'n R400 sekuriteits deposito ( verkieslik in kontant omrede banke nie oor naweke werk nie) wat enige skade aan linne, beddens, verlore sleutels, en gebreekte items dek, ten einde die volle sekuriteits deposito terug te ontvang moet die wooneenhede skoon en in goeie toestant gelaat word, skottelgoed, potte en panne gewas wees en geen skade aan linne, beddens ens wees nie

Blue Sea Guest House is naby 3 groot winkelsentrums met restaurante, flieks, speletjies-arkade, 'n casino en putt-putt-gholfbaan geleë. Nahoon Reef is heerlik vir branderplankry, stap langs die strand of perdry. Daar is wildreservate, visvang en verfbal in die area.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Zinziswa S
Besigheidsreis
5.0
Exquisite. Great customer service. The owner and staff are very welcoming and friendly. The environment is nice and peaceful. The rooms...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Adrian B
Besigheidsreis
5.0
Always top notch. Very peaceful. Zero disturbances. Feels like home away from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Chumani M
Saam met lewensmaat
5.0
My kuier was ongelooflik gewees. Ek het beslis lekker gebly by Blue Sea Guest House. Dit was 'n ongelooflike tyd wat ek daar gehad het en ek sal defin...
Sien meer
Nov 2024
Nadine S
5.0
Goeie waarde vir geld. Baie lekker gebly, veilig gevoel.
Sep 2024
Siyasanga M
5.0
This is my kind of place I will definitely use it in future. Best ever nice place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Vincent-weg 111, Vincent Heights, Oos-Londen, 5247 , Oos-Kaap
  • Gaste dink Blue Sea Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R579
R 579 R 522
per nag, vir 1 mens
Vanaf R579
R 579 R 522
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vincent-weg 111, Vincent Heights, Oos-Londen, 5247 , Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASf5tN2ZwDtFyvV33ce4SPR9LrStyRjEtlXgyW0SQapr8Ed6YgB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R579 nouVanaf R521 per nag, vir 1 mens 38 5 1 5 111 Vincent Road Vincent Heights 5247 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.979602654265 27.917595505714

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang