Blue Sky Manor
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 16:00 - Adres: Wendy-straat 9, Deneysville, 1932, Vrystaat
- Vanaf R3 900 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Blue Sky Manor bied selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Deneysville met 'n uitsig oor die Vaaldam. Hierdie verblyf is ideaal vir 'n groot groep aangesien die uitgestrekte perseel direkte toegang tot die dam bied en met 'n swembad spog.
Dié verblyf het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 2 volledig gesinsbadkamers en die derde badkamer het 'n stort. Twee van die badkamers is en suite. Alle linne en badhanddoeke word voorsien maar gaste moet hul strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek. Daar is 'n tweede sitarea met nog gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Dié area het ook 'n kroeg met stoele.
Die skuifdeure lei na 'n uitgestrekte tuin met 'n trampolien, klimraam vir kinders, braaigeriewe en 'n swembad waar gaste kan afkoel. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die verblyf het 'n privaat jetty en en daar is lanseerplek vir 'n boot.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ralph Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Wendy-straat 9, Deneysville, 1932, Vrystaat
- Gaste dink Blue Sky Manor het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 16:00 - Adres: Wendy-straat 9, Deneysville, 1932, Vrystaat