Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blue Whale Resort

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 26 Jul 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 R1 700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Blue Whale Resort bied selfsorg-chalets in 'n privaat natuurreservaat van 10 hektaar op die seefront. Dit is net 10 km van George se sakekern, 13 km van George Lughawe en 6 km van die N2 af. Die oord word omring deur inheemse woud en fynbos; walvisse kan in die wintermaande gesien word en dolfyne baljaar regdeur die jaar. Daar is 'n stel van 200 trappe is wat na die rotsagtige strand lei. Dit is een van die beste visvangplekke in die omgewing.

Die selfsorg-chalets is losstaande van mekaar om privaatheid te verseker. Die meeste chalets het 'n pragtige see-uitsig en sommige het 'n uitsig oor die vallei. Elke chalet bied verblyf aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond onder die blad, 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, ketel, breekware en eetgerei. Elke chalet lei na 'n onderdakstoep met 'n piekniekbankie en ingeboude braai. Parkeerplek onderdak is ook beskikbaar.

Heroldsbaai en Victoriabaai is ongeveer 12 en 18 km ver en bied veilige swem in die see. 'n Verskeidenheid inheemse voëls kan op die kort wandel- en fietsrypaadjies gesien word. Gaste kan ontspan in een van die 10 volledig-toegeruste chalets. Hier is geleentheid vir stap, visvang en rus.

Die Blue Whale Resort is die ideale bestemming vir konferensies, geleenthede en groepsbesprekings.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Elphia W
Gesin met tieners
5.0
Asemrowende uitsig. Ons het heerlik gerus. Mens kan nie genoeg van die uitsig oor die see kry nie.
Des 2023
Dané E
5.0
Presies wat mens nodig het na 'n lang jaar! Dit was uitstekend! Rus en kos vir die siel.
Des 2023
Mona B
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend mooi. Bitter mooi, die styl padjie is 'n entjie af, maar dis bitter mooi.
Okt 2023
John D
Saam met lewensmaat
4.8
Very nice. We will definitely be back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023
Rico L
Saam met lewensmaat
4.6
Weg van die gejaag. Beeldskone natuur. Baie lekker rustige tydjie daar gehad. Mooiste uitsig van die see en fynbosnatuur. As jy werklik wil rus, verge...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Maritza Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 76

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Kusweg, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blue Whale Resort het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf R2 000
R2 000 R1 700
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 000
R2 000 R1 700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd138f769a451ce7a917831a65d52c3aa97fbb365efa20f40f2b5ef7306aaf528c444f0a9f17719681bacbf5c0b6f4596bd2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 700 per nag (plek vir 4) 76 5 1 5 Beach Road George 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.045508872475 22.470192151604

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang