Blyde River Log House
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Deel 20 Farm Middlesex 205 KT, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R2 190 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Blyde River Log House is 'n selfsorg-houtstylhuis in 'n wildbewarea, sowat 25 km buite Hoedspruit. Dit is 'n ideale omgewing vir 'n gesinswegbreek, romantiese naweek of as 'n basiskamp vanwaar u die Blyderiviercanyon en Krugerwildtuin met al hul omliggende besienswaardighede kan verken.
Die huis met lugversorging het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale.
Die eiendom beskik oor veilige onderdakparkeerplek, 'n braai-area en 'n privaat Jacuzzi. Kinders van alle ouderdomme is welkom maar onthou asseblief die gastehuis is nie omhein nie en wilde diere deurkruis die omliggende area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Gay Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 35
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Deel 20 Farm Middlesex 205 KT, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Blyde River Log House het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Deel 20 Farm Middlesex 205 KT, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang