Bo-Kapie
- Kapasiteit: 9 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Janssensstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bo-Kapie is 'n romantiese, klein wegkruipplek op die N2 halfpad tussen Kaapstad en George op die skilderagtige Tuinroete, in die dorpie Swellendam. Die huis beliggaam sjarme en nostalgie en is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede geleë. Die verblyf bestaan uit 2 eenhede, elk met hul eie privaat ingang en badkamers.
Die Bo-Kapie Kothuis het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n Victoriaanse bad terwyl die tweede kamer met 3 enkelbeddens toegerus is. Daar is 2 slaapbanke in die sitkamer wat 2 bykomende gaste kan akkommodeer. Hierdie gaste deel 'n badkamer met die gaste in die tweede slaapkamer. Dit is volledig toegerus vir selfsorg en sluit linne en handdoeke in. Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is 'n oop haard in die sitkamer, met baie hout wat voorsien word, waar gaste romantiese aandetes by die kaggel kan geniet.
Bo-Kapie Anneks beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dit het tee- en koffiemaakgeriewe en alle gaste het toegang tot komplimentêre WiFi.
Die verblyf is sentraal geleë en is naby museums, gholfbaan, staproetes en Marloth- en Bontebok-natuurreservate. Met soveel om te sien en doen in en om Swellendam maak Bo-Kapie 'n ideale basis vanwaar jy die area kan verken.
Bo-Kapie is in 1833 gebou en is een van die oudste huise in Swellendam. Dit is ook die laaste van die huise wat dateer uit die slawegeskiedenis van Swellendam wat geëindig het met hul emansipasie in 1834. Hierdie klein platdak, Kaaps-Georgiese stylhuisie met sy gevormde borswering was die voorkeurstyl van die Moslem-vakmanne van daardie tyd. . Dit herinner aan die tipiese Bo-Kaap huise soos dit vandag nog bestaan. Die vertikale paneeldeur met waaierlig het die staldeur van die Kaaps-Hollandse styl vervang.
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Lizette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 85
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Janssensstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Gaste dink Bo-Kapie het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Swellendam Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Janssensstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang