Bo La Motte Farming and Tourism
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middagkrans-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Bo La Motte Farming and Tourism spog met lieflike uitsigte oor die berge, wingerde en damme in die area en is aan die voet van die Middagkransberge en binne maklike bereik van die pragtige dorpie Franschhoek geleë.
Die plaas bied verblyf in 7 kothuise en is ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gesinswegbreke. Die Pump House en Oak Cottage beskik elk oor 1 slaapkamer. Goose Cottage, Pear Tree Cottage en Milkwood Cottage het elk 2 slaapkamers en die Owl Cottage en die Lake House is die grootste eenhede met 3 slaapkamers in elk.
Elke kothuis het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Beddegoed, bad- en swemhanddoeke word ook voorsien vir gaste se gerief.
Daar is gratis WiFi asook 'n TV met sekere DStv-kanale vir gaste se vermaak, en 'n knus kaggel in die sitkamer vir daardie koue, winterdae en -aande. Sportondersteuners sal verlig wees dat die meeste sportkanale beskikbaar is. Al die eenhede het 'n patio met braaigeriewe.
Gaste is welkom om die plaas te verken, 'n kombers en piekniekmandjie te vat, in die swembad af te koel, die hoenders met broodkrummels te bederf of net 'n rusbankaartappel te wees en op te krul met 'n goeie boek en glasie wyn.
Daar is 6 vriendelike residensiële honde op die perseel en gaste sal met aankoms deur hulle verwelkom word.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Spaans
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jennie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 58
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Middagkrans-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink Bo La Motte Farming and Tourism het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 28 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middagkrans-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang