Bo La Motte Farming and Tourism
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middagkrans-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Bo La Motte is aan die voet van die Middagkransberge geleë en dis naby die pragtige dorp Franschhoek. Die verblyf spog met lieflike uitsigte op die berge en oor die wingerd en damme in die omgewing.
Die plaas bied verblyf in 7 kothuise en dis ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gesinswegbreke. Die Pump House en Oak Cottage het elkeen 1 slaapkamer. Goose Cottage, Pear Tree Cottage en Milkwood Cottage het elkeen 2 slaapkamers en die Owl Cottage en Lake House is die grootste eenhede met 3 slaapkamers elk.
Elke kothuis het 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Linne en bad- en swemhanddoeke word voorsien. Elke eenheid het 'n stoep met braaigeriewe en 'n kaggel in die leefarea vir koue wintersdae.
Daar is gratis WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die meeste van die sportkanale is beskikbaar vir sportliefhebbers.
Gaste is welkom om die plaas te verken, 'n piekniek te hou, die hoenders met broodkrummels te voer of op die bank met 'n goeie boek en glas wyn te ontspan.
Daar is 6 vriendelike honde wat op die perseel woon en gaste sal deur hulle verwelkom word met aankoms.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Spaans
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jennie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 58
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Middagkrans-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink Bo La Motte Farming and Tourism het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 28 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middagkrans-weg, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang